Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Witgatboom Verblyf

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fransville-plaas, 40 km vanaf Hopetown, Kraankuil, 8750, Noord-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Witgatboom is in 'n wildkamp op 'n werkende skaap- en wildsplaas in die hartjie van die Bo-Karoo, tussen Hopetown, Orania en Strydenburg. 'n 40 km lange grondpad lei vanaf die N12 na die verblyf en 'n bakkie of 'n SUV word benodig.

Gaste kan die asemrowende sonsondergang, sterre, rustigheid en die stilte van die natuur geniet. Daar is ook verskeie wildspesies wat op die plaas gesigwys. Witgatboom is ideaal vir 'n oornag of 'n wegbreek-naweek.

Verblyf word in 'n selfsorghuis aangebied wat slaapplek vir 4 gaste het met 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstofie, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n toonbank met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet. Die krag word met 'n sonpaneel voorsien. DIe sitarea het sitplek waar gaste kan ontspan. Voudeure lei na 'n buitearea met 'n vuurput-braaiarea.

Daar is 2 uitkykpunte wat gaste met die pragtige, eindelose Karoo-plein en veldroetes vir stap en fietsry bederf.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Liesel H
Saam met lewensmaat
5.0
Ideale wegbreeknaweek na stilte toe. So baie dankie vir 'n heerlike wegbreeknaweek. Die stilte was al wat ons nodig het, en die blyplekkie was perfek....
Sien meer
Aug 2024
Kobus S
5.0
Sielsverkwikkende ervaring! Vreeslik lekker gebly.
Aug 2024
Margaret D
Saam met lewensmaat
5.0
Rus en vrede. N lieflike, goed ingerigte huisie in die middel van absolute stilte en die natuur. Ons het heerlik gebly en sal beslis weer daar bespree...
Sien meer
Jul 2024
Dee H
Saam met lewensmaat
5.0
Value for money and I highly recommend visiting. A lovely remote spot in the Karoo. Very well-appointed cottage. We only stayed one nig...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Herman E
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflik! Hier rus jou siel, hier herontdek jy jouself! Hier kry jy nuwe waardering vir die lewe. Jy word van voor af dankbaar! Dans spore in die s...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Sonja Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 15

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Fransville-plaas, 40 km vanaf Hopetown, Kraankuil, 8750, Noord-Kaap
  • Gaste dink Witgatboom Verblyf het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bo-Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fransville-plaas, 40 km vanaf Hopetown, Kraankuil, 8750, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8b87e606d05d31c4f5674fc2653469304e6f8cde448d43063c3c1b4b6cc54971c7b2b2104dc3361c2ac448c028c83c9f9d39?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 4) 15 5 1 5 Farm Fransville 40 km from Hopetown 8750 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.918305555556 24.083444444444

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang