Witrivier Farmstay
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R332, Onverwags Plaas, Baiaanskloof Natuurreservaat, Oostelike hek, Baviaanskloof, 6335, Oos-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Witrivier Farmstay is 'n selfsorgkothuis op 'n privaat werkende sitrus- en bokplaas in Cambria, 45 km vanaf Patensie, op pad na die Baviaanskloof Wildernis-area en Willowmore. Die area spog met pragtige natuurlike woude, fynbos en bosveldvallei wat uitstekende eko-ontspanningsgeleenthede aan gaste bied.
Die tweeslaapkamerkothuis is in die Loerie-Kloof aan die voet van die berg en sitrusboorde geleë en bied slaapplek aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Die gedeelde badkamer het stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oondjie, tweeplaatstoof en mikrogolfoond toegerus. Daar is ook verskeie drinkgoed, sap, water, jogurt, kaas, bevrore geregte en seisoenale groente op 'n eerlikheidsbasis beskikbaar. Gaste is welkom om hulself te help en neer te skryf watter produkte hulle gebruik het.
Hier kan gaste voetslaan, wildkyk of net hulself verdiep in die rustigheid van die natuurlike omgewing. Vir die wat van die plaas en plaaslike besiendwaardighede wil webreek, is Witrivier selfsorg gerieflik naby verkseie buitelug-aktiwiteite en besienswaardigehde.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Fransa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- R332, Onverwags Plaas, Baiaanskloof Natuurreservaat, Oostelike hek, Baviaanskloof, 6335, Oos-Kaap
- Gaste dink Witrivier Farmstay het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Baviaanskloof Oos-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R332, Onverwags Plaas, Baiaanskloof Natuurreservaat, Oostelike hek, Baviaanskloof, 6335, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang