Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Whale Cliff Accommodation

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tunastraat 143, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 900 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Whale Cliff Accommodation is op 'n krans in Witsand en bied 'n panoramiese uitsig oor die see en St. Sebastiaanbaai. Dit is die perfekte wegbreek vir diegene wat van sonnige dae en goue sandstrande hou. Gaste het direkte toegang tot die strand.

Die huis is geskik vir 6 gaste en 2 kinders onder die ouderdom van 12 jaar. Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 2 uittrek-matrasse. Die tweede badkamer het 'n stort.

Die oopplan-leefarea het gemaklike rusbanke, 'n TV, ingeboude braai, etenstafel en 'n kombuis met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, eetgerei en breekware.

Die dek het 'n Jacuzzi met 'n mooi uitsig oor die see. Hout is beskikbaar om te koop, anders kan gaste hul eie saambring. Die Suidelike noorkaperwalvis kom hier tot reg by die kuslyn en besoekers kan op die dek ontspan en in vervoering staar soos hierdie ongelooflike diere en hulle kalfies in die water baljaar, na die oppervlak deurbreek en met groot bewegings blaas en toertjies doen. Die somermaande is 'n wonderlike tyd om te swem wanneer dit laaggety is, of gaste kan op die strand stap en die lang, lui someraande geniet.

Witsand is 'n juweel op die Tuinroete waar die Breederivier in die Indiese Oseaan uitmond. Dit maak van hierdie dorp 'n paradys vir hengelaars. St. Sebastiaanbaai by Witsand word as Suid-Afrika se walviskweekskool beskou aangesien walvisse van Junie tot aan die einde van Oktober hier kom kalf. Aktiwiteite in die omgewing sluit sweefski, spiesvisvanguitstappies, bootvaarte, hengel en begeleide voetslaanroetes in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

2 x Kindermatras vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • En-suite
  • Jacuzzi
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Surita M
Gesin met tieners
5.0
A beautiful house in the perfect setting! It was absolutely magic! Relaxed, cozy and one with nature.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Bob B
Saam met lewensmaat
5.0
All very good. Very nice and clean house with beautiful views. Saw many whales, but with the strange weather and rough seas, only the o...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Chanele F
Gesin met klein kinders
5.0
Ontspannend, fantasties! Dit was fantasties! Die huis is in 'n uitstekende kondisie, lekker binne-braai, baie skoon en netjies. Reg langs die see, lek...
Sien meer
Aug 2024
Firdows N
Gesin met tieners
5.0
Lovely, relaxing getaway by the sea. We had an amazing stay at this idyllic location. The modern, well-appointed accommodation had ever...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Roald N
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing, beautiful, perfect. Exactly what we've been looking for.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Ronelle Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 18

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Tunastraat 143, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink Whale Cliff Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tunastraat 143, Witsand, 6666, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa9c6adbf37a57caa85197933aada97bf8cdaaaad59ca61f9ab8b1d9b8ebdbc2eac44aafacedc47d0e6296c41758fabddf608?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 900 per nag, vir 6 mense 18 5 1 5 143 Tuna Street Witsand 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.391143157404 20.864587426185

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang