Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Witsieshoek Mountain Lodge

  • Kapasiteit: 76 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R57, Witsieshoek, Phuthaditjhaba, 9869, Vrystaat
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Witsieshoek Mountain Lodge bied verblyf in die Drakensberge vir voetslaners, bergklimmers, avonturiers en gesinne. Dit is aan die voet van Sentinel Piek geleë en, teen 2286 m bo seespieël, is dié lodge die hoogste punt in die Noordelike Drakensberge.

Die lodge het 8 nuut opgeknapte chalets met moderne meubels en afwerkings wat elk 'n uitstekende uitsig bied. Die vloer-tot-plafon-vensters bied asemrowende uitsigte oor die Amfiteater. Die chalets is volledig toegerus en het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, linne en 'n moderne en suite-badkamer met 'n instapstort, toilet en 'n wasbak.

Boonop bied die lodge 'n hele aantal ouer, gerieflike bungalows. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien en verwarmers is beskikbaar aangesien aande op die berg nogal koud kan raak. Die bungalows is ronde geboue met 3 eenhede per gebou. Elke eenheid het 2 slaapkamers wat 'n badkamer deel en 'n uitstekende uitsig bied.

Daar is 'n sentrale restaurant wat ontbyt bedien en middagete en aandete is op 'n á la carte-basis beskikbaar. Die kroeg is oop aan alle gaste en daar is 'n hele aantal doendinge wat mens in die omgewing kan geniet insluitend: voetslaan, bergklim en forelhengel. Die omgewing is die tuiste van die bedreigde baardaasvoël vir voëlkyk-entoesiaste wat daarin sou belangstel.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Skootrekenaar-projektor
  • Internet
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 80 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.1
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Warren W
5.0
Stay was comfortable, food was good, service was friendly. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Gerald N
Saam met vriende
4.8
Onvergeetlike stilte. Heerlike tyd gehad, twee van my vriende het wel in die 'backpacker' geslaap. Ek sal ten sterkte aanbeveel dat julle die padjies ...
Sien meer
Des 2023
Prof. Hennie K
Saam met lewensmaat
4.8
Buitengewone verblyf in 'n skilderagtige omgewing. Ons is 'n bungalow toegeken. Die verbyf is ruim en bevat alles wat nodig is. Die pendeldiens na die...
Sien meer
Jun 2023
Francois L
Saam met lewensmaat
4.6
Lekker basis kamo vir die Tugela Stap roete. Ontbyt was ingesluit wat nie geadverteer was nie.
Apr 2024
Deniska B
Saam met lewensmaat
4.6
Sentinelverblyf. Ons het baie lekker gebly. Net jammer die weer was bewolk en ons kon nie die uitsig van die amfiteater sien nie. Die weer was so lekk...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Devonia Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 107

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • R57, Witsieshoek, Phuthaditjhaba, 9869, Vrystaat
  • Gaste dink Witsieshoek Mountain Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Drakensberge Vrystaat
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 76 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R57, Witsieshoek, Phuthaditjhaba, 9869, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJkYWFjZDQ4LTFiZWItNDg2Mi05NjgwLTVkNWQzYTE2ZDg2Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 80 5 1 5 R 57, Witsieshoek Phuthaditjhaba 9869 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.685815527819 28.900072120377

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang