Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wolwedans Guest Manor

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Amy Searle-straat 11, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R880 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Wolwedans Guest Manor is 'n erfenisterrein en die oorspronklike plaashuis is tussen 1826 en 1851 gebou. Groot Brak het hier ontstaan en die ou plaashuis is pragtig opgeknap om te voldoen aan moderne standaarde.

Wolwedans Guest Manor is 5 minute se ry vanaf Suiderkruis-strand in die kusdorpie Groot-Brakrivier op 'n pragtige deel van die Tuinroete. Dié unieke toevlugsoord lê tussen Mosselbaai en George en is naby genoeg aan alles maár ver genoeg van die rep en roer. Glentana strand is 10km van die gastehuis geleë.

Verblyf word in verskillende eenhede soos en-suite kamers en selfsorgeenhede gebied, en ontbyt is teen ’n ekstra koste beskikbaar aan gaste. Al die en suite-kamers spog met luukse beddegoed, pragtige houtvloere, privaat ingange, en gratis WiFi. Kamergeriewe sluit satelliet-TV, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in.

Die swembad is in die mooi versorgde tuin en daar is 'n onderdakstoep vir warm somerdae.

Wolwedans Guest Manor is gerieflik geleë, net 2 minute se stap van die Museum af, en 10 minute vanaf die rivier en die meeste winkels en restaurante. Daar is verskeie bergfiets- en staproetes in en rondom Groot-Brakrivier en die jaarlikse Attekwas-bergfietswedren word ook hier aangebied, asook die Grabbadoo. Wolwedans Guest Manor is ook die tuiste van Mayfly Fishing Company vir alle kunsvlieghengel-entoesiaste.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 76 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Clinton P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker en rustig. Heerlike rustige verblyf met die mooiste uitsig.
Jan 2024
Jacques K
5.0
Very nice. Stayed in the Nico tent. Enjoyed it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2023
Heleen V
Saam met lewensmaat
5.0
Wolwedans het my geskakel om te hoor wanneer ons sou aankom en was gereed met sleutel in die hand toe ons arriveer. Die was netjies, vars en goed toeg...
Sien meer
Sep 2023
Leonard R
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, bevredigend. Was 'n goeie ervaring met gerieflike spasie en al die nodige toebehore om oor die weg te kom. Enige probleme gerapporteer was fli...
Sien meer
Feb 2023
Sarel S
Saam met lewensmaat
4.6
Interesante omgewing, maklik om te verken vanaf Wolwedans! Marichen het telkens gevra of verblyf aangenaam en alles in orde is. Hulle het ook vir ons ...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 76

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Amy Searle-straat 11, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wolwedans Guest Manor het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R880
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R880
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Amy Searle-straat 11, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbf5720f69532a30c09009513640d534ec5e41c36f8067b9888bb3160189baacd469ea42c3eca6e3b40c0122b122322f7a606?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R880 per nag, vir 2 mense 76 5 1 5 11 Amy Searle Street Great Brak River 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.040838088889 22.218310311111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang