Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wolwekrans Eco Lodge

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 6 & 7 van die plaas, Sterkspruit, Schoemanskloof, 9762, Mpumalanga
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Wolwekrans Eco Lodge, ook bekend as die Juweel van Mpumalanga, is op die 120 hektaar Schoemanskloof-platorand geleë met asemrowende 240º uitsigte oor die Laeveldvallei en op die Schoemansberge in die agtergrond.

Verblyf is beskikbaar in 2 eko-vriendelike chalets en 'n eksklusiewe safari-tent. Elke chalet het sy eie unieke uitsig oor die vallei en op die Schoemanberge, asook 'n privaat boma, dek en braaigeriewe. Die selforgkombuise het elk 'n tweeplaat-gasstoof, 'n yskas-vrieskas, breekware en eetgerei. Warm water word via 'n gasgeiser voorsien en beligting word via 'n sonkragstelsel verkry.

Verder is daar 'n bosveldswembad en Wolwekrans het spesifieke piekniekplekke wat gaste se piekniek so privaat en spesiaal as moontlik sal maak.

Dié perseel is ook wyd bekend vir die uitstekende staproetes. Daar is staproetes vir almal, van ervare stappers tot beginners en gaste sal die kans kry om die wild wat vrylik rondloop op Wolwekrans, soos koedoes, rietbokke, duikers, ribbokke, bosbokke, klipspringers, vlakvarke en jakkalse te sien. Wolwekrans is die ideale bestemming vir enige voëlliefhebber. Die spruit wemel van arende, valke en kleiner eksotiese voëls.

Die perseel kan slegs bereik word met 'n hoë grondvryhoogte SUV, bakkie of 4x4.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Amanda T
5.0
Rus vir jou siel en liggaam! Rus en vrede! Pragtige omgewing. Dankie vir Daniel wat kom help het toe die 4x2 'n bietjie gesukkel het om oor die nat kl...
Sien meer
Sep 2024
Anthony L
Gesin met tieners
5.0
Highly recommended. What an incredible find, loved our time here and would definitely recommend Wolwekrans.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Neels K
5.0
Hoog in die berge. Wolwekrans het al ons verwagtinge oortref. Met ons aankoms is ons verras met deeg in die yskas en kon ons die aand 'n broodjie oor ...
Sien meer
Mei 2024
Gert D
Saam met vriende
5.0
Die beste, die mooiste, uitstekende verblyf. Asemrowend. Trappe van vergelyking vir lekker. Lekker, lekkerder, Wolwekrans.
Mrt 2024
Johan F
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Dit was absoluut asemrowend gewees. Die uitsig is 'n belewenis en die chalet is van topgehalte! Ek stel wel voor dat mense met 'n 4x4 of 2x4 ...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Nedine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Erfdeel 6 & 7 van die plaas, Sterkspruit, Schoemanskloof, 9762, Mpumalanga
  • Gaste dink Wolwekrans Eco Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 6 & 7 van die plaas, Sterkspruit, Schoemanskloof, 9762, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA57b036e089a2224a182688d0377fbba3833ec9636883fa1a687683c608ca4023a48386381b7d0740efe66efc682604ede4df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2) 42 5 1 5 Portion 6 and 7 Farm Sterkspruit 9762 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.413479185985 30.557208339123

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang