Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Woodcutters Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 1099, Haenertsburg, 0730, Limpopo
  • Vanaf R980 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Woodcutters Guest House is tussen die prentjiemooi berge en lowerryke woude van Haenertsburg in Magoebaskloof geleë. Woodcutters vang die geskiedenis van die ontwikkeling van ons area oor die jare vas en bied gaste die geskiedenis van ons pragtige berg en die plaaslike gemeenskap. Die gastehuis het die ideale ligging naby die meeste geriewe in die dorp en die omliggende area. Gaste word aanbeveel om 'n bakkie of 'n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte te gebruik, aangesien die gastehuis via 'n grondpad bereik word.

Die verblyf bestaan uit 2 gastekamers. Die en suite-gastekamers het hul eie ingange en 'n en suite-badkamer.

Die en suite-dubbelkamers by Woodcutters Guest House beskik elkeen oor 'n haardroër, spieëltafel en ingeboude kaste. Alle linne, handdoeke, handeseep en stortseep word voorsien. Die en suite-kamers het komplimentêre tee, koffie, beskuit en bottels water. 'n Gratis bottel wyn word voorsien vir gaste wat vir 2 of meer nagte bespreek. Elke kamer het 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Die kamers is nie vir selfsorg toegerus nie, maar 'n volledige Engelse ontbyt kan teen 'n ekstra koste per persoon gereël word. Die gastehuis het ook gratis WiFi. Daar is ook 'n "Social Distilling"- distilleerdery op die perseel, met braaigeriewe vir gaste om te geniet.

Woodcutters Guest House is 'n paar minute se ry vanaf restaurante, winkels en kroeë in die middedorp. Die omgewing is veral bekend vir sy skilderagtige bergfiets- en voetslaanroetes. Begeleide voëlkyktoere is ook beskikbaar, kontak gerus die instansie voor die inklokdatum om 'n toer te reël. Die dorp self is sowat 2 ure se ry vanaf die Krugerwildtuin se Phalaborwa-hek af en dit maak Woodcutters die ideale plek om te stop.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Vera R
Saam met lewensmaat
5.0
'n Plaasgevoel, ruim kamer en ideaal om omgewing te verken. Stil en gerieflike verblyf met gebruik van kombuis, 'n gawe toelae.
Des 2024
Penelope V
Saam met lewensmaat
5.0
Pleasant stay in lovely room. Beautiful room. Quality linen. Peaceful. Good position to explore the area and close enough to have your ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Gustav S
Gesin met tieners
5.0
A peaceful overnighter in the mountains close to various restaurants. Excellent in short. We were attending a sports event at the Unive...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Grant H
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. Baie lekker, baie vriendelike mense.
Jan 2024
Brendan D
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende plek om te rus en te ontspan. Ek en my vrou het ons tyd by Woodcutters Guest House baie geniet. Michelle en Mark, die eienaars, was baie v...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Plaas 1099, Haenertsburg, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Woodcutters Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 980
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 980
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 1099, Haenertsburg, 0730, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFhYjkzYjZkLWQxMjItNDI5Ny05ZWIyLTU5ODFkYzRlYzE2OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag (plek vir 3) 31 5 1 5 Farm 1099 Haenertsburg 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.936325 29.932879

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang