Wooden Creek Estate
Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3de Laan 286, Bredell AH, Kemptonpark, 1619, Gauteng
-
Vanaf
R700R630 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Wooden Creek Estate is op 'n kleinhoewe in Bredell AH, Kempton Park geleë en bied gaste gerieflik gemeubileerde eenhede.
Gaste kan die Asian Room, die Country Room, Moroccan Experience of The Shack bespreek, wat almal tot 2 mense elk kan akkommodeer. Gerieflikheidshalwe word linne en handdoeke voorsien, en elke eenheid het 'n TV. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saam te bring om DStv te kyk. 'n Wasgoeddiens is op versoek beskikbaar.
Asian and Country Rooms is in die hoofhuis geleë en is ingerig met koninggrootte-beddens, daar is 'n koffiestasie en die kamers deel die gebruik van 'n buitebadkamer met 'n bad en 'n stort. Gratis WiFi is beskikbaar, en Kontinentale ontbyt is op versoek beskikbaar. Die kamers het ook toegang tot die buitesitkamer, kombuis en braai-area.
The Shack is 'n privaat woonstel vir 2 mense en het 'n privaat ingang. Die woonstel beskik oor 1 slaapkamer en het 'n privaat badkamer met 'n stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, asook die nodige eetgerei en breekware. Gratis WiFi is beskikbaar.
Moroccan Experience het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Ander geriewe in die kamer sluit 'n koffie- en Marokkaanse teestasie, 'n yskassie, TV, gratis WiFi en veilige parkeerplek in.
Braaigeriewe, 'n tuin en 'n gemeenskaplike binnehof, asook parkeerplek, is beskikbaar vir gebruik. 'n Pendeldiens is beskikbaar, en gaste wat ingeboek is wat moet reis, kan ook hul voertuie op die perseel parkeer.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Charny Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 3de Laan 286, Bredell AH, Kemptonpark, 1619, Gauteng
- Gaste dink Wooden Creek Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bredell Kemptonpark Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3de Laan 286, Bredell AH, Kemptonpark, 1619, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang