15 Woodford
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Woodford-laan 15, Kampsbaai, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Vanaf R14 010 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Woodford Villa is 'n moderne villa in die hartjie van Kampsbaai en het wonderlike see-uitsigte. Die villa is ideaal vir groot gesinne of groepe op soek na eksklusiewe verblyf en privaatheid net 'n entjie se ry van Kampsbaai se strand en promenade af.
Die villa strek oor 2 verdiepings met traptoegang tot die onderste verdieping. Dit is ruim en het 'n groot buite-area met 'n gesinswembad. Die huis beskik oor 6 slaapkamers en bied slaapplek aan 12 gaste.
Die eerste slaapkamer is bo en het 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word, asook 2 en suite-badkamers, een met 'n bad en die ander met 'n stort. Dié kamer bied 'n uitsig oor die see, het 'n privaat balkon, lugversorging en 'n TV. Die tweede en derde slaapkamers is albei bo, bied 'n see-uitsig, 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word en 'n en suite-badkamer ? die een met 'n bad en 'n stort en die ander met net 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n TV, 'n see- en berguitsig en daar is 'n stort in die en suite-badkamer.
Die vyfde slaapkamer is op die hoofverdieping. Dit het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en bidet wat met die sesde slaapkamer gedeel word. Die sesde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea met 'n ingeboude klankstelsel, lugversorging, 'n eetarea met 'n etenstafel vir 12 gaste, en 'n gastetoilet. Die sitarea lei na die stoep met 'n swembad, gasbraai en buitemeubels. Die TV-kamer het ook 'n DVD-speler, lugversorging, 'n see-uitsig en skuifdeure na die stoep.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, 'n elektriese oond, 'n mikrogolfoond, roosteroond, dubbelyskas en 'n koffiemasjien. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Beide die kombuis en eetarea het lugversorging.
Bykomende geriewe sluit WiFi, 'n alarm wat aan 'n gewapendereaksie-eenheid gekoppel is, 'n digitale kluis vir gaste se waardevolle items, 'n verhitte handdoekreling en verwarmer in al die badkamers, 'n motorhuis met parkeerplek vir 1 klein voertuig en 2 ander parkeerplekke op die perseel, asook haardroërs, vloeibare seep en stort-jel in.
Die villa is net 8 km van die V&A Waterfront af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Esta-Marita Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 8
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Woodford-laan 15, Kampsbaai, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kampsbaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Woodford-laan 15, Kampsbaai, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang