Woodlands Villa
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Groot-Brakrivierweg, George, 6529, Wes-Kaap
- Vanaf R7 000 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Woodlands Villa is 'n pragtige Kaaps-Hollandse huis op 'n plaas in George. Die plaashuis skuil tussen geelhoutbome en spog met 'n uitsig oor die netjiese tuin en op die Outeniekwaberge.
Die huis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die beddens kan op versoek in 2 enkelbeddens omskep word. Daar is ook 'n driekwartbed en 'n biblioteek in die studeerkamer.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gas- en elektriese stoof, koffiemasjien, menger en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is kaggels in die sitarea en in nog 2 kuierareas. Die huis lei na 'n groot voorstoep met genoeg sitplek, 'n etenstafel en 'n Weberbraai. 'n Bomabraai is ook beskikbaar.
Die huis spog met 'n privaat dam en gaste het toegang tot die aarbeitonnels waar hulle aarbeie kan pluk. Ander aktiwiteite op die plaas sluit kanovaar, fietsry, privaat helikoptertoere, 'n vuurvliegie-woudervaring en wildritte op 'n buurplaas in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Groot-Brakrivierweg, George, 6529, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Groot-Brakrivierweg, George, 6529, Wes-Kaap