Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Woodside Game Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woodside-plaas, Mareetsane, Mafikeng, 2745, Noordwes
  • Vanaf R1 520 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Woodside Game Lodge is 'n wildplaas in privaat besit, 8,5 km vanaf Mareetsane in die Noordwes Provinsie. Die plaas beslaan 1300 hektaar landskap en is vol met verskeie spesies wild. Die lodge bied verblyf in 'n bosveld-omgewing, ideaal vir 'n welverdiende wegbreek.

Verblyf word gebied in 4 hout-chalets met grasdakke, elk met sy eie badkamer. Verblyf word ook gebied in 4 luukse tent-chalets op houtdekke, om 'n ware bosveld-atmosfeer te ervaar.

Die hooflodge-area, met 'n sitkamer wat gemeubileer is met 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kroeg en 'n eetarea, is versier met robuuste meubels met luuksheid in gedagte. Die hooflodge-area maak oop op 'n houtdek wat toegerus is met 'n gemeenskaplike swembad vir daardie warm somersdae.

Die lodge bied informele wildritte in 4X4-voertuie, waar gaste die sonsondergang of sonsopkoms kan geniet, met 'n opsionele skemerkelkie of oggendkoffiestop, onder 'n groot ou Kameeldoringboom. Daar is verskeie uitkykpunte en watergate op die plaas, wat uitstekende wildbesigtiging moontlik maak. Diere wat op die plaas gesien kan word, sluit in koedoes, wildebeeste, sebras, njalas, blesbokke, rooibokke, duikers en tarentale om net 'n paar te noem.

Woodside Game Lodge bied talle geriewe vir beide individue en korporatiewe funksies, wat dit die ideale plek maak vir partytjies, jaareindfunksies, konferensies, spanbou, werkswinkels en troues.

Woodside het ook 'n rugsteunkragstelsel om die impak van beurtkrag te verminder.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Paula Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Woodside-plaas, Mareetsane, Mafikeng, 2745, Noordwes
  • Gaste dink Woodside Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noordwes
Vanaf
Vanaf R 1 520
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 520
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woodside-plaas, Mareetsane, Mafikeng, 2745, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA50110a7a5f9a906ebd100896b1faae8dbd622ad0fe596e0455ad1566829d255e9636b721514de2a374c98c0f5ea217c81f55?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 520 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 Woodside Farm Mareetsane 2745 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.092096497468 25.358292492065

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang