Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

WoodStay Lodge Self-Catering Apartments

Selfsorg
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hilldrop-weg 19, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

WoodStay Lodge Self-Catering Apartments is op 'n kleinhoewe op die randjie van Newcastle geleë. Hier kan gaste 'n rustige plaas-atmosfeer geniet, met honde en ander diere op die perseel. Dit is ideaal vir oornagreisigers, sakereisigers en vakansiegangers. Oud en jonk is welkom. Plaasdiere hou van mense, maar klein kinders moet asseblief te alle tye onder ouertoesig wees.

Verblyf word gebied in 4 selfsorg-eenhede (geen ontbyt of ander maaltye beskikbaar nie). Elke eenheid het 'n goed toegeruste kombuis, badkamer en 'n oopplan-leef en slaaparea. Elke eenheid het 'n stoep met braaigeriewe, asook 'n TV met DStv en WiFi. Die verblyf maak van sonkrag gebruik en die eenhede het gasstowe en -geisers.

Veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek en 'n daaglikse skoonmaakdiens is beskikbaar.

WoodStay Lodge Self-Catering Apartments is net 1 km van die Black Rock Casino af, en 1,5 km vanaf Newcastle Mall, waar meeste van die gunsteling restaurante en winkels is. Newcastle het 3 gholfbane binne 'n radius van 30 km.

Newcastle is halfpad tussen Johannesburg/Pretoria en Durban. 'n Kort tydjie agter die stuur is ook al wat tussen jou en die geskiedkundige besienswaardighede van Isandlwana, Rorke's Drif, Majuba en die Bloedrivier-erfenisgebied staan. Wakkerstroom is 'n gunsteling besoekplek van voëlkykers en is 80 km vanaf Newcastle. Die pragtige Drakensberge is 'n raps meer as 100 km op pad na Durban en die baie populêre Midlands Meander raak nooit vervelig nie.

WoodStay Lodge Self-Catering Apartments is ideaal vir rus en ontspan, oorslaap, langer verblyf, kuier en braai. Uiltjie is 'n romantiese eenslaapkamer-eenheid met 'n dubbelbed. KitKat is ideaal vir 'n gesin of vriende (2 slaapkamers, 1 badkamer). Lonely Oak Cottage is perfek vir 'n paartjie met 1 kind of 'n volwassene.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Theresa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Hilldrop-weg 19, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink WoodStay Lodge Self-Catering Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Newcastle KwaZulu-Natal
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hilldrop-weg 19, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRkMGQxOGQxLWU0MGEtNDFiNS1iMTEwLThjZjA1YzBiZTlmMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 19 Hilldrop Road Newcastle 2940 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -27.788797222222 29.950594444445

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang