Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Xanadu Penthouse Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seacliff-weg 2A, Bantrybaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Vanaf R20 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Xanadu Penthouse Villa is 'n moderne en stylvolle villa wat selfsorgverblyf in Bantrybaai, 'n weelderige buurt in Kaapstad, bied. Die multiverdieping-villa bied 'n uitsig op Leeukop en oor die Atlantiese Oseaan vanaf elke verdieping.

Die elegante villa het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Dié slaapkamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die helder en moderne kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n koffiemasjien toegerus. Daar is ook 'n toonbank met sitplek in die kombuis. Die leefarea het lugversorging, 'n sitkamerstel en 'n TV en dit bied toegang tot 'n balkon met 'n etenstafel. Gaste kan hul maaltye op die balkon geniet terwyl hulle die lieflike see-uitsig aanskou.

Die villa het 'n kuierarea op die dak met 'n pragtige uitsig op Leeukop en oor die see. Daar is 'n swembad, gasbraaigeriewe, 'n eetarea en oorgenoeg sitplek. Elke verdieping, insluitend die ondergrondse verdieping, is deur die hysbak bereikbaar. Daar is parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel en die villa het 'n omsetter vir kragonderbrekings.

Die villa se ligging aan die Atlantiese Seekus bied maklike toegang tot gewilde strande, die middestad, V&A Waterfront en groot besienswaardighede in Kaapstad.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Ligging

  • Seacliff-weg 2A, Bantrybaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 20 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 20 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seacliff-weg 2A, Bantrybaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA10399ad04615a831a2fc27ac36088b83cfe772de6f57113f634accfa382cffc0c5dda57d089a24b74ce7b629a79972e76fd4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R20 000 per nag (plek vir 6) 2A Seacliff Road Bantry Bay 8005 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.925217077165 18.378932882873

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang