Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Xisaka Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Nyala-rylaan 257, Kremetart, Giyani, 0826, Limpopo
  • Vanaf R880 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Xisaka Guest House is in Kremetart in Giyani geleë, 'n ideale basis vanwaar jy die area kan verken. Die gastehuis is 15 km vanaf Hudson Ntsanwisi-dam, 'n gewilde terrein langs die Soutpansberg-Limpopo-voëlkykroete, geleë. Die Letaba-rivier loop deur Giyani, en die rivierbos maak ook voorsiening vir interessante voëlkyk. Die gastehuis is 84 km vanaf Kruger Nasionale Park se Punda Maria-hek geleë.

Gerieflike verblyf word gebied in 20 smaakvol versierde gastekamers, met verduisteringsgordyne en gemaklike beddens. Elke kamer is toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en individuele lugversorging. Gratis WiFi is beskikbaar by die gastehuis. Ontbyt is ingesluit en aandete kan op versoek teen 'n ekstra koste bespreek word.

Daar is 'n lapa op die perseel wat tot 70 gaste kan akkommodeer, dit kan vir klein konferensies of vergaderings gebruik word. Daar is ook 'n klein lugversorgde venue vir 15 gaste. Die gastehuis het 'n swembad, en aparte swemhanddoeke kan versoek word. Die gastehuis is in 'n groen omgewing geleë wat 'n lieflike uitsig oor die tuine bied.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

3/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
3.0
Ligging
3.0
Waarde vir geld
2.0
Diens
4.0
Veiligheid
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3/5

Paseka Patricia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Nyala-rylaan 257, Kremetart, Giyani, 0826, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Giyani Laeveld Limpopo
Vanaf
Vanaf R 880
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 880
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 40 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Nyala-rylaan 257, Kremetart, Giyani, 0826, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4f3bc1b5eebaaeab2e093d33f9d12757fc3074f007657d2142524d564b1481db7fbb17709b833849b09c00d75e2c53c8fc34?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R880 per nag (plek vir 2) 1 5 1 3 257 Nyala Drive Kremetart 0826 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 11:00 -23.317453873717 30.683449366795

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang