Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Velddrif Riverside Guesthouse

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerweg 133, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Velddrif Riverside Guesthouse is 'n lieflike gastehuis langs die Bergriviermonding in Velddrif wat dit die ideale bestemming vir oornagverblyf maak wanneer gaste langs die Weskus toer.

Dié gastehuis bied verblyf in 3 eenhede wat elk slaapplek aan 2 gaste bied en 'n kombuisie het. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuisies het elk verhit-en-eetgeriewe soos 'n mikrogolf, yskassie, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Ander geriewe sluit 'n TV, WiFi en lugversorging in.

Die gastehuis se ligging is naby plaaslike winkels en restaurante en gaste het toegang tot veilige parkeerplek agter 'n hek wat met 'n afstandbeheer werk.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Johan C
Saam met lewensmaat
5.0
'n Baie genotvolle ervaring - sal definitief aanbeveel. Die gastehuis was baie skoon en netjies en toegerus met alles wat jy nodig het. Die gasvrou se...
Sien meer
Jun 2024
Vickus V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal binnekort weer daar gaan bly. Ons het baie lekker gebly en die diens was uitstekend.
Mrt 2024
Juanita C
Saam met lewensmaat
5.0
Onvergeetlik lekker. Ons naweek was heerlik. Die gasvrou was uitstekend. Alles was mooi skoon. Dit was regtig 'n onvergeetlike naweek en danksy die ga...
Sien meer
Mrt 2024
Prescilla N
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte plekkie vir ons vinnige oornag in Velddrift. Beslis. Die gasheer het ons heeltyd op hoogte gehou, selfs van die beurtkrag skedule. Baie gehel...
Sien meer
Feb 2024
Annette B
5.0
Lekkerste wat ek in 'n lang tyd geslaap het! Regtig 'n lekker ervaring, vriendelike diens, maklik om te kry en uitstekend ingerig.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Mariana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Voortrekkerweg 133, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Velddrif Riverside Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Velddrif Weskus Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerweg 133, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA73cf78c5dff13162f1824a1f3293f7b7c02f647a5f12c097ef53b441080213169ba92aa416121a8c5ce1b711ee6724600f3c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 28 5 1 5 133 Voortrekker Road Velddrif 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 11:00-14:00 10:00 -32.786303535278 18.17326985971

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang