Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Coastal Chic Getaway at Marina

Selfsorg
Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 14 Mrt 2025 tot 30 Apr 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingston Place, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 800 R2 240 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Coastal Chic Getaway at Marina is 'n stylvolle selfsorg-woonstel in die prentjiemooi Marina Martinique in Jeffreysbaai. Dié woonstel spog met 'n pragtige uitsig oor die marina.

Die woonstel is op die tweede verdieping en bied slaapplek aan 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste in dié kamer maak van die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort gebruik. Wit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea het 'n oopplan-ontwerp en beskik oor 'n kombuis met 'n oond, stoof, mikrogolf, lugbraaier, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. 'n Etenstafel met sitplek vir 4, sowel as 'n wasmasjien en skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met die volledige DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.

Stapeldeure lei na 'n groot stoep met buitemeubels en 'n ingeboude braai. Dié area i sperfek vir skemerkelkies of oggendkoffies.

Gaste het direkte toegang tot die kanale wat geskik is om in te swem. Daar is ook 'n kano wat gaste kan gebruik. Die woonstel is net 'n paar kilometer vanaf die middedorp en Dolphins Beach, en daar is ook verskeie restaurante en winkels naby.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai

Ligging

  • Kingston Place, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
R 2 800 R 2 240
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 800
R 2 800 R 2 240
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingston Place, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0a2edf3e0ad97f40ff4845f4a6b14e68a677371e72b0ac7ba0939be2d05c836f413b95ae6e110f4f3a487f6f11191abd1710?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 800 nouVanaf R2 240 per nag (plek vir 4) Kingston Place Marina Martinique 6332 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.073520347277 24.913346641872

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang