Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zwana Nathi

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Luislanglaan 1500, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Zwana Nathi is dubbelverdiepingkothuis met 'n grasdak en is vir selfsorg toegerus. Die eenheid is in Marlothpark, net 24 km vanaf die Krugerwildtuin se Krokodilbrug-hek af. Zwana Nathi is op die grens van die wildtuin en bied totale privaatheid en 'n egte bos-ervaring met talle viervoetige besoekers.

Die verblyf beskik oor 2 slaapkamers, 'n solderkamer, 2 badkamers, 'n buitestort met koue water) 'n formele oopplan-sitkamer en eetarea. Die eenheid is geskik vir 6 gaste. Beide slaapkamers is op die grondverdieping en het elk 'n dubbelbed en lugversorging. Die solderkamer het 2 enkelbeddens met 'n industriële plafonwaaier en 2 losstaande waaiers. Albei badkamers het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, mikrogolf, tweeplaatgasstoof met geen oond, 'n ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Die eenheid het onbeperkte WiFi, My Family Cinema en Netflix. Gaste kan hul eie DStv-intekenbesonderhede op die DStv Now App gebruik.

Zwana Nathi het onbeperkte WiFi, My Family Cinema en Netflix. Gaste kan hul eie intekenbesonderhede gebruik om toegang tot die DStv Stream app te kry.

Daar is 2 ontspanningsareas met uitsigte oor die bostuin en park, wat besonderse sonsondergange bied. Die eerste ontspanningsarea grens aan die solderkamer en die ander is op die grondverdieping en lei vanaf die sitkamer. Gaste kan aan die kant van die huis op die dek langs die plonspoel ontspan en snags na die dieregeluide luister terwyl daar rondom die versonke vuurput in die ingeboude boma gekuier word.

Die perseel het 'n alarmstelsel en 'n paniekknoppie wat verbind is aan die plaaslike sekursiteitsmaatskappy en hulle gewapende reaksie. Daar is ook diefwering en veiligheidshekke.

Die kothuis het ook sonpanele, 'n omsetter en 'n rugsteunbatterystelsel sodat gaste nie deur beurtkrag geaffekteer word nie. 'n Jojo-tenk is ook vir ekstra water beskikbaar.

Daar is gereeld wild soos kameelperde, sebras, vlakvarke, koedoes, duikers en wildebeeste in die omtrek, asook verskeie voëlspesies en nagapies. Diere kom suip ook gereeld water uit die swembad.

Marloth spog met verskeie restaurante, voelkykgeleenthede, 2 supermarkte, 'n tuisnywerheid, drankwinkels en 2 slaghuise. Daar is ook 'n waterpark en 'n putt-puttbaan waar kinders kan speel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Savaki C
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxing galore. Baie gerieflike plek, waarde vir geld en baie netjies, sal weer daar gaan bly.
Aug 2024
Lilanie S
Saam met lewensmaat
5.0
Wil net hier wees en bly! Ons het heerlik gebly! Kan dit vir almal aanbeveel! Goeie kommunikasie en baie netjiese plek! Baie diere by die huis!
Aug 2024
Tertius D
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik. Fantasties ons het lekker gerus en net die bos ervaar en geniet. Dana het 'n great plek geskep. Baie dankie.
Apr 2024
Maritha S
Saam met vriende
5.0
Baie lekker. Ons het dit baie geniet. Daar is nie een aanbeveling wat ek kan maak nie. Heerlike naweekwegkom.
Mrt 2024
Christine S
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Soos 'n droom, die plekkie is pragtig en die eienaar het ons heeltyd op hoogte gehou as iets gebeur rondom krag ens.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Dana Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 145

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Luislanglaan 1500, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Zwana Nathi het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Luislanglaan 1500, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAada8dc57805fd3651ea320c959f0ca560209da77f657f89d23982916e9aa4c8635a2eb6052d1aff0c58d28b07e86b06e4736?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6) 38 5 1 5 1500 Luislang Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.348859501944 31.766439378262

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang