Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zandrivier Farm Self-catering Accommodation

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 118 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Kobus F
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Uitstekende verblyf opsie. Die verblyf was pragtig! Ons het in Kloofhuis tuisgegaan en die kothuis is baie smaakvol toegerus. Ons het niks meer nodig gehad nie. Die tuisgebakte brood, plaasbotter, konfyt en melk was 'n bonus. Ben se kommunikasie was puik en niks is te veel moeite vir hom nie. Wens ons kon langer gebly het. Sal Zandrivier enige tyd aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Riana M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

As jy natuur wil geniet en rus en vrede soek, is Zandrivier jou plek! Kloofhuis is 'n pragtige plek! Alles wat jy kan nodig kry, is daar. En Sanna se vars, warm gebakte brood met botter en konfyt is 'to die for'. Heerlik! Die kaggel het al gebrand toe ons daar kom. Probleem met die geyser het vinnig kom uitsorteer en lekker gesels. Hy het die pragtigste klomp honde, hele 8! Daar is WiFi wat uitstekend werk. Geen TV, maar dit pla ons nie. Mooi natuur. Skape kampe het die mooiste lammertjies en mammas gehad. Hout word voorsien teen geen ekstra koste. So, kaggel en braai buite is geen probleem. Bring jou eet- en drinkgoed saam, want daar is nie winkels naby! Sal definitief teruggaan indien kans hom voordoen. Dankie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ben
Zandrivier Farm Self-catering Accommodation
Baie dankie.

Liesl T
Kort verblyf
5.0
Aug 2024

Die heel beste en lekkerste verblyf in die Seweweekspoort. Die verblyf was wonderlik! Ons was tuis in Kloofhuis en die kothuis is baie goed ingerig. Die kaggeltjie was reeds aan toe ons in renerige weer daar aankom en Ben het ons verras met 'n heerlike tuisgebakte broodjie van Sanna asook botter, konfyt en melk. Hy het ook nog ekstra hout gebring. Die stort is net die mooiste wat daar is met die venster wat uitkyk op die berg. Die erf is omhein wat gunstig was vir ons 2 honde en daar is baie natuurlike plantegroei. Ons sal beslis weer eendag daar oorbly en kan dit definitief aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ben
Zandrivier Farm Self-catering Accommodation
Baie dankie.

David V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Sommer net lekker. Puik plek. Diens van gasheer 100%. Lekker vuur in kaggel en heerlike brood.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ben
Zandrivier Farm Self-catering Accommodation
Baie dankie

Mike S
1 nag
5.0
Aug 2024

Quaint farm stay with old school hospitality. Loved every minute of my stay and look forward to visiting again.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ben
Zandrivier Farm Self-catering Accommodation
Thanks, so welcome.

Shirley V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Stukkie hemel. Wat 'n pragtige stukkie hemel! Die ligging is stunning! Die kamer baie mooi met 'n heerlike warm kaggel en die bad was heerlik luuks! Het regtig spyt gevoel ons kuier kon nie langer wees nie, was nie reg om te ry nie. Sanna se brood was erg lekker, baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ben
Zandrivier Farm Self-catering Accommodation
Baie dankie.

Yolandi A
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Peaceful, comfortable and food for the soul. What an idyllic setting. We stayed in the Kloofhuis and it was food for the soul. When we arrived, the fireplace was already warming up the space, and a fresh bread with jam and butter was neatly wrapped up in the kitchen. The host came to greet us with furry friends in tow and made us feel so welcome. The views and serene landscapes provided a much-needed breather from city life, and the stars were pure magic. We wish we could have stayed longer, but will definitely be back!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ben
Zandrivier Farm Self-catering Accommodation
Thanks so much.

Anonieme gas
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ronel V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Baie mooi selfsorgeenheid op plaas met mooi uitsig oor berge en die plaas. Ons het 2 nagte in Kloofhuis gebly. Toe ons gearriveer het, het ons kaggel reeds gebrand, dis nou goeie diens in daai koue weer. Ons kon reg voor die eenheid parkeer wat die in- en uitpak baie gerieflik gemaak het. Die eenheid was pragtig met baie vensters en baie besonders, dit het 'n unieke uitsig uit elke vertrek gehad, of dit oor die berge was of oor die skape, of net oor die stoep. Dit was uniek. Jy het gevoel asof jy buite is die hele tyd. Daar was 'n groot stoep met 'n tafel en stoel waar jy kon ontspan en jou mooi uitsig kon bewonder. Daar was 'n braai-area op die gras, wat jy kon gebruik om jou vleisie te braai. Ons het ons eie braaihout voorsien. Die eenheid was regtig mooi, en die oopplan eenheid het bestaan uit 'n sit-, eet- en slaaparea. Die bed het 'n goeie kwaliteit matras gehad met wit linne en 'n lekker dik warm kombers. In die leefarea was 'n tafel met 2 stoele waar jy gemaklik by kon sit en eet. Daar was ook 2 gemakstoele voor die kaggel. Hier was dit die lekkerste. Die gasheer het vir ons 2 kratte kaggelhout voorsien. Die kaggel het die vertrek warm en snoesig gemaak. Die badkamer het 'n groot stort, wasbak en 'n toilet in die hoek gehad. Daar was handeseep by die wasbak en 2 groot witte badhanddoeke was voorsien. Dit sou lekker gewees het om 'n handhanddoek te kon hê by die wasbak. Die kombuis het 'n groot yskas, gasstoof en mikrogolfoond gehad, 'n verskeidenheid glase, ander breekware en eetgerei was voorsien. Daar was koffie, tee en suiker in die kombuis. By aankoms het 2 klein kindertjies vir ons 'n skinkbord met 'n vars warm broodjie gebring, vars melk (wat 'n blessing was, want ek het my melk die vorige dag by die gastehuis vergeet in Calitzdorp), lekker botter en vyekonfyt. Baie dankie, dit was 'n groot bederf. Daar was uitstekende WiFi die hele tyd en ons kon met gemak ons selfone gebruik. Die mooi tuin is goed onderhou met 'n lekker groot grasperk. Die hele area om die eenheid was omhein en dit was baie veilig vir jou troeteldiere, hulle kon met gemak en veiligheid rondhardloop. Daar was ook sekuriteitsligte reg rondom die eenheid wat aangegaan het met beweging. Dit was 'n gemoedsrus en ons het baie veilig gevoel. Ons het baie lekker gebly op die plaas en ons kan die akkommodasie aanbeveel as uitstekende verblyf. Ons het goeie kommunikasie gehad met die vriendelike gasheer asook aanwysings tot by die eenheid wat ons waardeer het. Ons sal vir seker weer van die verblyf gebruik maak. Dankie Zandrivier vir die onvergeetlike ondervinding op julle mooi plaas, dit was sielskos vir ons. Let wel daar is nie 'n TV met eksklusiewe DStv soos geadverteer word en by die beskrywing genoem word nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Erica D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Dit is 'n kuier wat niemand moet mis nie. Kom graag weer! Zandrivier Farm Self-catering Accommodation: Heerlike tuiste op die mooiste plaas tussen die Swart- en die Elandsberge. Asemrowende uitsigte. Gasvrye ontvangs en lekker bederf met plaasprodukte. Lekker warm kaggeltjie/stofie met genoeg hout - baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ben
Zandrivier Farm Self-catering Accommodation
Baie dankie, Erica Du Toit. Bly julle het dit geniet, sien weer.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ben Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 118

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zandrivier Farm Self-catering Accommodation, R323, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4676d37d369b8d996c135253ec78d0d4e9f1f080e3fc50f62435d339e14161f2a530c1511fbe0eaba67a5d6ec28d8a952b32?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 118 5 1 5 Zandrivier Farm Self-catering Accommodation R323 6900 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.367689960899 21.33098334074

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang