Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

ZebetsView

Selfsorg

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Annemie O
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Sal die plekkie vir seker aanbeveel. Goeie ligging, goed toegerus. Baie gerieflik en goed toegerus. Sentraal geleë om te voet dorp toe te gaan. Gasvrou het moeite gedoen om alles te verduidelik. Gaste moet net bewus wees daarvan dat daar trappe is na die voordeur en op na die slaapkamer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsbeth
ZebetsView
Dankie Annemie, vir jou resensie. Ons het natuurlik ander plekke ook, soos jy self weet, wat op grondvloer vlak is. Maar ek was onsuksesvol om dit op LekkeSlaap te adverteer. Groete, Elsbeth

Oloff H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Okt 2023

Wonderlik - Sentraal, baie skoon en veilig. Baie sentraal en binne stapafstand van alles in Stellenbosch. Ongelooflik skoon en netjies. (Egter nie geskik vir ouer mense wat nie trappe kan klim nie. Trappe na die solder is baie steil en smal). Ek sal vir seker weer kom en kan dit verseker aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Elsbeth
ZebetsView
Dankie vir die kommentaar. Ek vra gewoonlik of die mense trappe kan klim. As hulle te oud is laat ek hul gewoonlik weet dat die plek bv nie 'n badkamer naby die slaapkamer het nie en verduidelik van die trappe. Jong mense hou daarvan.

Liezl Graduatewealth J
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Jan 2023

Lekker en gerieflik. Baie gerieflik en goed geleë. Ek sal net in hierdie tyd met SA se baie "loadshedding" 'n tweede herlaailiggie beskikbaar stel. Een vir die boonste area en een vir die onderste area. Die gasplate werk ook nie lekker nie. Sal aanbeveel om daarna te kyk aangesien koffiewater nogal belangrik is ten tye van "loadshedding". Die wifi het ook nie internetverbinding nie, wat ek ook sal aanspreek as ek die eienaars is. Verder was alles baie lekker en gerieflik.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsbeth
ZebetsView
Baie dankie vir jou terugvoer. Jammer dat ons nie die hele tyd hier was om aandag te gee aan alles nie. Die gasplate werk eintlik , maar dis lyk my net my man wat dit aan die gang kan kry. Ja, als het maar aandag gedurig nodig. Daar is natuurlik 'n ander konneksie wat mens vir die wifi kan gebruik. Ek moes seker albei ingeskryf het in die boekie. Sal aandag daaraan gee.

Chris P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2022

Alles wat ons nodig gehad het! Netjiese en lekker verblyf binne enkele treë van Dorpstraat. Ons sal beslis weer hier kom kuier!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsbeth
ZebetsView
Baie dankie vir die kommentaar. Enige kommentaar is welkom al is dit sleg ook, want dan kan ons net dit nog verbeter.

Carol S
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2020

Netjies, perfekte ligging, kwaliteit. Ons was aangenaam verras met die eenheid. Uitstekend geleë. Toegerus met alles wat jy nodig het. Kwaliteit. Baie goeie waarde vir geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsbeth
ZebetsView
Julle is baie welkom om weer te kom.

Jacobus S
Kort verblyf
5.0
Nov 2019

Die gasvryheid in elke klein detail van hierdie pragtige woonplek verstom jou! Dit is 'n juweel in die hartjie van Stellenbosch. Stylvol. Gerieflik. Ruim. En oorspronklik ingerig en gemeubileerd. Die twee stelle trappe verleen ekstra atmosfeer aan 'n unieke woonstel. Die ligging van hierdie woonplek is 'n bonus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsbeth
ZebetsView
Baie dankie. Dis ook lekker vir my as mense dit geniet.

Celia J
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2019

'n Baie gerieflike wooneenheid. Fantastiese ligging. Baie mooi, skoon plek met kreatiewe dekor. Volledig toegerus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsbeth
ZebetsView
Baie dankie Celia. As daar enige verbeterings is wat ons kan aanbring kan julle ons inlig. Dit help ons om dit altyd in top orde te hou. Groete Elsbeth

Kobus V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2019

Fantasties, skoon en rustig. Volledige toegeruste aparte wooneenheid. Dis baie skoon, modern en netjies in wooneenheid. In 'n baie rustige en veilige area geleë. Gedurende verblyf is wooneenheid skoongemaak en handdoeke is ook vervang.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsbeth
ZebetsView
Goeie dag Kobus, Baie dankie vir julle terugvoering. Ek waardeer dit sommer baie.

Roseli L
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2019

Gesellig, skoon en sentraal geleë. Het dit baie geniet. Die eenheid is, netjies en skoon en het alles wat 'n mens nodig het. Dit is veilig en sentraal geleë. Het die baie geniet, sal beslis weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsbeth
ZebetsView
Baie dankie vir jul terugvoering. Groete Elsbeth

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elsbeth Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R1 300
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Geen kinders onder 14
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Helderbergstraat 16, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAEWI5CEdC6Ks0YyAzT0IGTCzQ8gZS4x3A9I8jKlZyRuvdVFmx60?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 3) 9 5 1 5 16 Helderberg Street Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.939122550914 18.862086759528

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang