Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zebra Cottage

Naweekaanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 9 Des 2024 tot 31 Des 2024.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Palmiet-straat 8, Moreletapark, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Zebra Cottage is 'n pragtige selfsorghuis in Moreletapark, Pretoria en het 'n lieflike uitsig oor die Moreleta Kloof Natuurreservaat.

Die eenheid het 'n moderne ontwerp, bied slaapplek aan slegs 4 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n enkelbed, die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed en die derde slaapkamer 'n koningingrootte-bed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea, 'n eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, tweeplaatgasstoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis het ook 'n toonbank met 4 stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n koffietafel. Die eetarea het 'n etenstafel vir 4 gaste. Gratis WiFi, Chromecast en Netflix is beskikbaar.

Die Franse deure lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai, 'n vuurput en piekniektafels vir 4. Gaste het ook toegang tot die tuin. Veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis is beskikbaar. Gaste kan in die Moreleta Kloof Natuurreservaat gaan stap. Zebra Cottage is gerieflik tussen Mediclinic Kloof Hospitaal en Netcare Pretoria-Oos Hospitaal geleë en ook redelik naby aan die SunBet Arena.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Alex T
Gesin met klein kinders
5.0
Wow. Amazing stay. Will just put ceiling fans for the other two rooms!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Carisna A
Saam met vriende
5.0
Dit was 'n fees! Ons het so lekker gebly by Zebra Cottage!
Sep 2024
Juanita O
Saam met lewensmaat
5.0
Werklik 5 ster! Dit is regtig 'n stukkie paradys in die stad. Sal dit vir seker aanbeveel.
Aug 2024
Willem L
Gesin met klein kinders
5.0
Onverbeterlik! Alle verwagtinge oortref!
Jul 2024
Rikus G
Gesin met tieners
5.0
Vreeslik lekker gebly, veilig, vol toegerus en meer. Sal vir seker weer daar gaan bly. stap die ekstra myl, was lanklaas so tevrede met ons verblyf en...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Francois en
Arina

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Palmiet-straat 8, Moreletapark, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Zebra Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Palmiet-straat 8, Moreletapark, Pretoria, 0181, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa7536772526e2d374c786c9ee83e68b5098980dd389c198e8b3e5ac0e678f744d138bd32de713c17486a3487f1b393206c55?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4) 12 5 1 5 8 Palmiet Street Moreletapark 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -25.81749892601 28.29157859087

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang