Zebra Cottage
Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 12 Des 2024.
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hyena-straat 4166, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 800R1 080 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Zebra Cottage is in Marlothpark geleë en bied gehalte-verblyf aan avonturiers. Dis perfek vir 'n gesin of 'n groep vriende. Gaste kan lekker op die stoep sit en kyk hoe die diere tussen die huise rondstap.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 7 gaste (maksimum 6 volwassenes) en beskik oor 2 slaapkamers. Die private hoofslaapkamer op die grondvloer het 'n dubbelbed, badkamer op die grondvloer met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak.
Op die eerste verdieping is daar 2 koningingrootte-beddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Op die grondvloer is daar 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n gasstoof, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.
Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n slaapbank vir nog 'n gas. Die leefarea bied toegang tot 'n stoep met braaigeriewe en 'n plonspoel.
Parkeerplek vir 2 voertuie is op die perseel beskikbaar.
Zebra Cottage is sowat 800 m vanaf die Krokodilrivier wat grens aan die Krugerwildtuin. Verskeie diere soos seekoeie, krokodille, olifante, renosters en buffels kan al langs die rivier gesien word. Daar is meer as 300 voëlspesies in die omgewing wat dit die perfekte plek vir voëlkykers maak.
Die eenheid het lugversorging wat op 'n voorafbetaalde basis beskikbaar is. 'n Sekere bedrag word per dag voorsien, maar daarna is dit vir die gas se eie rekening.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Ericka Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 74
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hyena-straat 4166, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Zebra Cottage het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hyena-straat 4166, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang