Zebra Farmhouse
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zebra Plaas, George-distrik, George, 6530, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Zebra Farmhouse is op 'n kommersiële plaas geleë waarop die Van der Westhuysen-gesin al vir 7 generasies boer. Dié plaas is halfpad tussen George en Oudtshoorn in die Klein-Karoo teen die Outeniekwaberge geleë. Dit is ideaal vir toeriste wat die area wil verken of vir 'n wegbreek vir 'n gesin of groep vriende.
Die plaashuis is in 1870 gebou en is ten volle toegerus. Die huis is tot sy volle eer gerestoureer met geelhoutvloere en dennehoutvensters, -deure en -plafonne. Die huis het Kaapse antieke meubels wat al vir dekades aan die familie behoort.
Die huis word as geheel uitverhuur. Die huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer is 'n gesinskamer en het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, 'n skakelkamer met 2 enkelbeddens, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die laaste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die outentieke kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitkamer het gemaklike sitplek.
Daar is 'n lieflike patio met 'n uitsig oor die plaas en daar is braaigeriewe.
Die plaas bied 'n verskeidenheid doendinge, soos varswatervisvang, voetslaan, bergfietsry en om die unieke Karoo-fauna en -flora waar te neem.
Besienswaardighede sluit die Kangogrotte, die Gamkaberg Natuurreservaat, Schoemans Poort, die Montagu-pas, The Goose Wynlandgoed, Karusa-wingerd, Herold Wines en verskeie gholflandgoedere, soos die 3 Fancourt Gholfbane, insluitend The Links by Fancourt, Montagu en Outeniekwa, en die Kingswood Gholflandgoed en George Gholfbane in. George, Mosselbaai en Knysna se Tuinroete-area is maklik bereikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Wildritte
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Marisa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Zebra Plaas, George-distrik, George, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Zebra Farmhouse het ’n goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zebra Plaas, George-distrik, George, 6530, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang