Zebula 317
Kry 25% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R516, Kareefontein-plaas, Bela-Bela, 0490, Limpopo
-
Vanaf
R9 000R6 750 per nag (plek vir 14)
Beskrywing
Zebula 317 (Kukama's Rest) is 'n pragtige bosveld-lodge in Kareefontein naby Bela-Bela. Die lodge het 'n vyfslaapkamerhuis en 'n woonstel wat dié bestemming perfek vir 'n groep of familie maak.
In die hoofhuis is 4 kamers ingerig met koningingrootte-beddens. Die ander kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort, die hoofslaapkamer se badkamer het beide. Die kamers het lugversorging. Sommige kamers lei na 'n patio en bied lieflike bosveld-uitsigte.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 2 yskas-vrieskaste, 'n Falcon-gasstoof en elektriese oond, mikrogolfoond, perkoleerder, die nodige messegoed, breekware, potte en panne. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien is ook beskikbaar. Maaltye kan binne of buite genuttig word. Die sitarea beskik oor TV met DStv, DVD-speler en knus kaggels. Die leefareas maak lei na 'n patio met binnebraai-geriewe.
Die woonstel is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die woonstel beskik ook oor 'n kombuise wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, ketel en basiese kombuisgerei.
Die lodge het 'n swembad en saans kan gaste by die boma ontspan en sterre kyk. Daaglikse skoonmaakdienste word voorsien.
Zebula 317 is rolstoelvriendelik. Gaste sal by die voordeur kan inkom, in die grondverdieping-leefarea kan rondbeweeg en hulle sal ook toegang tot die stoep en buite-leefarea hê. Rolstoelhellings en -paadjies, van ongeveer 80 cm breed, bied toegang tot die boma en die woonstel. Let asseblief daarop dat die woonstel se wasbak en toilet toeganklik is vir rolstoele, maar dat daar nie die nodige relings is om gaste te ondersteun nie. Die wasbakke in die huis is egter nie toeganklik vir rolstoelgebruik nie.
Die lodge word dikwels deur 2 njalas en vlakvarke besoek en vroegoggend kan 'n nagapie ook dikwels gewaar word. Verskeie diere kan by die reservaat besigtig word en wildritte kan op aanvraag bespreek word. Die lodge is naby Elephant Encounters geleë en Zebula Country Club and Spa is ook om die draai as jy lus is vir 'n potjie gholf of spa-bederf.
Zebula 317 is perfek vir natuurliefhebbers, gholf-entoesiaste, korporatiewe gaste of diegene wat bloot vir 'n naweek wil wegbreek.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
4 x Koningingrootte-bed
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Bad
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
connie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Langs die R516, Kareefontein-plaas, Bela-Bela, 0490, Limpopo
- Gaste dink Zebula 317 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R516, Kareefontein-plaas, Bela-Bela, 0490, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang