Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zebula 317

Op die Nippertjie-aanbod 25% af

Kry 25% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R516, Kareefontein-plaas, Bela-Bela, 0490, Limpopo
  • Vanaf R9 000 R6 750 per nag (plek vir 14)

Beskrywing

Zebula 317 (Kukama's Rest) is 'n lieflike bos-lodge geleë in Kareefontein, naby Bela-Bela, wat bestaan uit 'n 5-slaapkamerhuis sowel as 'n woonstel, wat dit ideaal maak vir 'n groep of gesin.

In die hoofhuis is 4 van die kamers ingerig met koningingrootte-beddens, terwyl die vyfde 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank het. Elkeen van die kamers het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort, terwyl die hoofslaapkamer 'n bad en 'n stort het. Die kamers het lugversorging en sommige maak oop op 'n patio wat 'n lieflike bosveld-uitsig bied.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en bevat 2 yskas-vrieskaste, 'n Falcon-gasstoof en elektriese oond, 'n mikrogolfoond, 'n perkolator asook die nodige eetgerei, breekware, potte en panne. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is ook beskikbaar. Etes kan binne of in die buite-eetarea geniet word. Die sitkamer is toegerus met 'n TV met DStv en 'n DVD-speler asook 'n knus kaggel. Die leefarea maak oop op 'n patio wat 'n binnebraai-area het.

Die woonstel is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die woonstel het ook sy eie kombuisie wat 'n mikrogolfoond, ketel en basiese toebehore bevat.

Die lodge het ook 'n swembad en saans kan gaste ontspan en na die sterre van die boma kyk. Die lodge word daagliks vir gaste se gerief skoongemaak.

Zebula 317 is rolstoeltoeganklik, en gaste sal by die voordeur kan ingaan, in die sitkamer op die grondvloer kan beweeg en toegang tot die stoep en buite-eetarea hê. Opritte en paadjies bied toegang tot die boma en na die woonstel, en hulle is ongeveer 80 cm breed. Neem asseblief kennis dat die wasbak en die toilet in die woonstel rolstoeltoeganklik is, maar dit het nie die nodige relings om gaste te ondersteun nie. Die wasbakke in die huis is nie rolstoeltoeganklik nie.

Die lodge word ook deur 2 nyala sowel as vlakvarke besoek, en 'n bosbaba kan ook vroeg in die aande opgemerk word. 'n Verskeidenheid diere kan in die reservaat gesien word en wildritte kan op versoek bespreek word. Naby geleë is Elephant Encounters, sowel as die Zebula Country Club en Spa vir diegene wat wil gholf of net bederf word.

Zebula 317 is ideaal vir natuurliefhebbers, gretige gholfspelers, korporatiewe gaste of gaste wat net vir 'n naweek wil wegbreek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 14 mense 1 Slaapkamer 2 Badkamers

Slaapkamer

14

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

4 x Koningingrootte-bed

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Toilet

Badkamer

Stort, Bad

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

connie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Langs die R516, Kareefontein-plaas, Bela-Bela, 0490, Limpopo
  • Gaste dink Zebula 317 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf R9 000
R 9 000 R 6 750
per nag (plek vir 14)
Vanaf R9 000
R 9 000 R 6 750
per nag (plek vir 14)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R516, Kareefontein-plaas, Bela-Bela, 0490, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI0NDFhYTAyLTAzMTktNGQ1Yi05MmViLTgxODliMjRiY2I4Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R9 000 nouVanaf R6 750 per nag (plek vir 14) 21 5 1 5 Off the R516 Farm Kareefontein Farm 0490 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.729347 27.940654

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang