Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zebula 33 The Citrine

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534 Mabula, Zebula Gholflandgoed, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R6 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Zebula 33 The Citrine is 'n grasdakdubbelverdieping-selfsorgvakansiehuis op die Zebula Gholflandgoed en Spa. Die Zebula Gholflandgoed en Spa is die ideale bestemming vir vakansiegangers om in 'n ongerepte natuurlike omgewing te ontspan. Hierdie ongeëwenaarde bos-, gholf- en spa-bestemming is op 1 600 hektaar in die skaduwee van die blou Waterberge in die malariavrye Limpopo-provinsie geleë. Dié pragtige huis langs die 6de skoonveld het 'n balkon op die boonste verdieping met 'n asemrowende uitsig op die Mabula-heuwels.

Die huis met lugversorging het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die eerste en tweede slaapkamer is op die onderste verdieping geleë en het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Hierdie 2 slaapkamers lei na die onderste stoep. Die derde en vierde slaapkamer is op die boonste verdieping geleë en het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, stort, toilet en 'n dubbelwasbak. Hierdie 2 slaapkamers lei na die boonste balkon.

Daar is 'n area op die boonste verdieping met 'n ingeboude kroeg en 'n pooltafel, en dit lei na die boonste balkon met sitplek buite.

Die kombuis, eetarea en sitarea is op die onderste verdieping. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, koffiemasjien en 'n toonbank met stoele in. Die eetarea het 'n etenstafel met 8 stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale. Daar is 'n kaggel tussen die sitarea en eetarea. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep op die onderste verdieping met 'n buite-etenstafel en 'n swembaddek met sitplek. Die swembad het 'n veiligheidsnet. Daar is ook 'n boma met 'n vuurput, braai-area en sitplek. Die huis word daagliks skoongemaak.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 5
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 5

Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 6 resensies vir Zebula 33 The Citrine
Netheid
4.2/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Bawinile Cecilia Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 10

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Plaas 534 Mabula, Zebula Gholflandgoed, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Zebula 33 The Citrine het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R6 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R6 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534 Mabula, Zebula Gholflandgoed, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA50ca7dc7f787611950848fb885a6289a87cfe696a94e32cf644e19124817f97b84e2ee93b3c084bfa2e5c9dc5e6c42f3b908?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 000 per nag (plek vir 8) 6 5 1 5 Farm 534 Mabula Zebula Golf Estate 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.764996853252 27.949867823943

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang