Zebula House - IZG1
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Zebula Golf Estate and Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R7 000 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Zebula House - IZG1 is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis met 'n asemrowende ontwerp en dekor. Dit is op die gewilde Zebula Golf Estate and Spa op 1100 hektaar van Afrika-bosveld versteek en net 2 ure se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe.
Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde, vyfde en sesde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens wat ook in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 2 yskassies, 'n stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke wat op sy beurt na 'n stoep lei.
Die groot stoep het 'n pragtige uitsig op die prentjiemooi Waterbergreeks. Hier kan wild soos kameelperde, rooibokke, koedoes en wildebeeste gesien word soos hul vrylik rondloop. Die stoep het 'n swembad en ingeboude onderdakbraaigeriewe. Daar is ook 'n ekstra boma waar gaste die manjifieke en kleurvolle sonsondergang kan bewonder terwyl 'n vuur onder die Afrika-sterrehemel knetter.
Die landgoed bied 'n unieke bosveldatmosfeer en -leefstyl. Gaste het toegang tot 'n rits geriewe insluitend een van Afrika se beste 18 putjie-bosveldgholfbane, 'n volledig toegeruste gimnasium, 'n klubhuis, 'n verskeidenheid restaurante, 'n roofdier- en roofvoël-park, wildkykgeleenthede, bergfietsroetes, 'n luukse spa en nog meer.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Dillon Geverifieer
Eiendomme 70
Resensies 211
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- R516, Zebula Golf Estate and Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Zebula Golf Estate and Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang