Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zeekoegat Country House

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R384/AP 3002, Zeekoegat-plaas, Vosburg, 8925, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Zeekoegat Country House is presies halfpad tussen Vosburg en Carnarvon op 'n Karoo-grondpad en is 'n wonderlike opsie vir diegene wat die stilte en ooptes van die Karoo waardeer. Onbyt is ingesluit. Aandete is opsioneel by die Werftafel of braaipakke met organiese lamsvleis en vars brood kan voorsien word.

Verblyf is beskikbaar in 2 bekoorlike en antieke kliphuise. Die Volkshuijs is 'n huisie met 2 slaapkamers. Dit is geskik vir 3 volwassenes en 2 kinders en is ideaal vir 'n gesin met jong kinders wat wil ontspan na 'n lang dag op die pad. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en enkelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed wat geskik is vir 2 kinders. Die badkamer het 'n stort. Daar is 'n kas vol speletjies en boeke, asook 'n klipdammetjie, 'n 1 putjie-gholfbaan, vierwielmotorfietse, boules en voetslaanroetes om almal besig te hou.
Daar is 'n kaggel in die vorm van 'n Dover-stoof in die sitarea, asook tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskassie.

Die tweede huisie is Die Pioniershuis wat 'n tipiese voorbeeld van die outydse lewenstyl van ons voorgeslagte was. Die hoofslaapkamer het 'n koning grootte bed met sitkamertjie en 'n en-suite slaapkamer met twee enkelbeddens. Daar is 'n kombuisie met Doverstofie en pragtige antieke kombuisware. Die 'badshuis' is 'n paar tree buite die huis en het die mooiste uitsig oor die Karoo koppies. Daar is 'n warm stort, wasbak en toilet.

Die plaaskombuis bied saans 'n Werf Tafel aan met die keur van kontrei kos. Vars groente uit die tuin, organiese lam of wildsvleis met wyn of koeldrank word afgerond met nagereg en 'n stap onder die sterre. Ontbyt word ook op die stoep wat uitkyk oor die swane se dam bedien. Bespreking noodsaaklik.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 72 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Bernhard R
5.0
Very relaxing. Excellent dinner in a nice atmosphere.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Sharon R
Saam met lewensmaat
5.0
Zeekoegat is a farm in heaven! Zeekoegat is a place in heaven, and I wished that we could have stayed longer. The accommodation is impe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Len F
Besigheidsreis
5.0
'n Wonderlike ervaring en die ongelooflikste gasvrou denkbaar. Pragtige omgewing. 'n Werklike belewenis. Ons het die opsie gekies om die aand te eet i...
Sien meer
Okt 2024
Johan F
Saam met lewensmaat
5.0
Veilig, netjies, skoon, vriendelike diens met 'n ongelooflike uitsig en ligging. Zeekoegat was ons gunsteling van ons 7 oornagplekke op ons Namakwa/Ka...
Sien meer
Sep 2024
Pieter C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustige aandjie om kampvuur gehad en lekker sterre gekyk. Bie lekker gewees. Alles was baie skoon en netjies.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Chante Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 72

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • R384/AP 3002, Zeekoegat-plaas, Vosburg, 8925, Noord-Kaap
  • Gaste dink Zeekoegat Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R384/AP 3002, Zeekoegat-plaas, Vosburg, 8925, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb412cf60057c8cab2b93202a74810290a3c2fe4e9fe75709e76c345114d28378fdcb536d7504c1551b7aa9ca096f455dd878?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 72 5 1 5 R384/AP 3002 Zeekoegat Farm 8925 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -30.614362 22.463952

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang