Zeekoegat Country House
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R384/AP 3002, Zeekoegat-plaas, Vosburg, 8925, Noord-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Zeekoegat Country House is presies halfpad tussen Vosburg en Carnarvon op 'n Karoo-grondpad gelee en is 'n wonderlike opsie vir diegene wat die stilte en ooptes van 'n Karoo plaas waardeer. Onbyt en aandete is opsioneel en kan by ons Werftafel by die luukse gaste sitkamer genuttig word. Braaipakke met organiese lamsvleis en vars brood kan ook voorsien word as julle eerder wil braai.
Verblyf is beskikbaar in 3 gerestoureerde skeerdershuise sowat 500m van die plaas opstal.
Die Volkshuijs het 3 kamers. Dit is geskik vir 3 volwassenes en 2 kinders en is ideaal vir 'n gesin met jong kinders wat wil ontspan na 'n lang dag op die pad. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en enkelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed wat geskik is vir 2 kinders. Die badkamer het 'n stort. Daar is 'n kas vol speletjies en boeke, 'n 1 putjie-gholfbaan, vierwielmotorfietse, boules en voetslaanroetes om almal besig te hou.
Daar is 'n kaggel in die vorm van 'n Dover-stoof in die sitarea, asook tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskassie.
Die Pioniershuis wat 'n tipiese voorbeeld van 'n antieke kliphuis. Die hoofslaapkamer het 'n koning-grootte bed met 'n sitkamertjie en 'n en-suite slaapkamer met twee enkelbeddens. Daar is 'n kombuisie met Doverstofie en pragtige antieke kombuisware. Die 'kleinhuisie' is 'n paar tree buite die huis en het die mooiste uitsig oor die Karoo koppies. Daar is 'n warm stort, wasbak en toilet.
Tapestry-house is 'n selfsorg kliphuis wat twee slaap op 'n koning-grootte bed. Die en-suite badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.Die kombuis/sitvertrek het 'n kaggel, gas stoof, mikrogolf oond en yskassie.
Die plaaskombuis bied saans 'n Werf Tafel aan met die keur van kontrei kos. Vars groente uit die tuin, organiese lam of wildsvleis met wyn of koeldrank word afgerond met nagereg en 'n stap onder die sterre. Ontbyt word ook op die stoep wat uitkyk oor die swane se dam bedien. Bespreking noodsaaklik.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Chante Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 83
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- R384/AP 3002, Zeekoegat-plaas, Vosburg, 8925, Noord-Kaap
- Gaste dink Zeekoegat Country House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Carnarvon Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R384/AP 3002, Zeekoegat-plaas, Vosburg, 8925, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang