Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zeezicht Oceanfront

Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 11 Nov 2024 tot 12 Des 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marais-straat 31, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 R675 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Zeezicht Oceanfront is in die bekoorlike kusdorpie Franskraal, Gansbaai in die Kaap se Overbergstreek. Hierdie selfsorg eenhede is op die eienaar se perseel geleë en bied lieflike see-uitsigte en privaat ingange.

Verblyf word in 2 selfsorg-eenhede aangebied met slaapplek vir 6 in totaal. Die ruim, luukse eenheid met 'n see-uitsig is op die grondverdieping geleë en die ander ruim eenheid is aan die kant van die huis en het net 'n uitsig oor die see van die grasperk af. Die eienaars woon op die boonste verdieping.

Die Zeezicht Gastesuite het lieflike see-uitsig. Dit is ruim, luuks en is op die onderste verdieping met slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met n binnebraai. Die hoofslaapkamer het ook 'n lieflike see-uitsig, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n stort in die tweede badkamer. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware, asook 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en daar is 'n binnebraai. Die sitarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met vol DStv en 'n DVD-speler. Gratis WiFi word voorsien. Die eetarea bied toegang tot 'n stoep met 'n buite-eetstel. Gaste kan 'n uitsig oor die groot tuin en 'n see-uitsig van die stoep af geniet.

Die Zeezicht Ruim Vakansieeenheid het nie 'n see-uitsig nie. Die see kan slegs vanaf die grasperk voor gesien word. Die ateljee-eenheid is aan die kant an die eiendom geleë, dit is baie ruim, gerieflik en het 'n koningingrootte-ekstra lengte bed met slaapplek vir 2 gaste. Die woonstel het 'n rusbank, 'n platskerm-TV met DStv, etenstafel en stoele. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die aparte kombuisie het 'n mikrogolfoond, gasstoof/oond, wasmasjien, yskas-vrieskas, kookgerei, eetgerei en breekware. Daar is 'n lapa met 'n braai aan die agterkant vir die gaste van die ateljee se gebruik.

Besienswaardighede en doendinge in die omtrek sluit Dyer-eiland Natuurreservaat, die Grootbos Natuurreservaat, wynplase, Franskraalstrand, haaihokduik, swem, 4x4-roetes, walviskyk, voetslaan en hengel in.

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 66 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Petriana K
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was maar 'n koue tyd, maar dit is nog nie somer nie. Ons het lekker gebly, dankie.
Sep 2024
Gert G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Baie lekker, kan aanbeveel.
Feb 2024
Hentie M
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n groot plesier om daar te bly. Dit was baie goed om daar te kon tuisgaan. Alles baie netjies. Sal beslis weer gebruik maak van hulle.
Feb 2024
Esta N
Saam met vriende
5.0
Jy kan nie verkeerd gaan om hierdie eenheid te kies nie! Netjies en naby die see. Ek en my dogter het baie lekker by Zeezicht Oceanfront gebly. Eenhei...
Sien meer
Jan 2024
Willie H
Gesin met tieners
5.0
Baie netjiese en ruim. Baie netjiese blyplek. Ons het so lekker gebly ons het dit oorweeg om ons verblyf te verleng.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Marianne Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 101

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Marais-straat 31, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Zeezicht Oceanfront het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R 900 R 675
per nag (plek vir 2)
Vanaf R900
R 900 R 675
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marais-straat 31, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa935bb5ec620537bb049d70dafda1340563c927618e91bc57be1153d61a61ff7ddc3c98ec76b5752072d0a754f6cdda904ed?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R675 per nag (plek vir 2) 66 5 1 5 31 Marais Street Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.611981 19.370566

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang