Zimbi Lodge
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 4 Nooitgedacht, Modimolle, 0510, Limpopo
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Zimbi Lodge skuil in Limpopo se uitsonderlike Waterberg-bosveldstreek en bied asemrowende, panoramiese uitsigte op die berge en oor die bosveld. Dié lodge het 'n moderne ontwerp met staal-, glas- en klip-afwerkings. Dis die verpersoonliking van kontemporêre elegansie en bied al die geriewe van 'n ekslusiewe oord.
Zimbi Lodge word privaat besit en bied 'n ware gesin-gevoel. Die lodge word bestuur deur 'n kundige span wat gehaltediens verskaf en 'n onvergeetlike ervaring verseker.
Daar is 4 superieure lodges met en suite-badkamers en 180°-uitsigte op die Waterberge. Elke lodge bied toegang tot 'n privaat balkon. Verskeie geriewe is in die kamers beskikbaar om te verseker dat daar aan alle behoeftes voldoen word. Die kamers is elkeen elegant versier en het 'n koninggrootte-bed of 2 driekwartbeddens met 100%-katoen perkallinne en ’n en suite-badkamer met ’n stort, bad en dubbelwasbak. Toiletware en japonne word ook voorsien. Ander geriewe sluit lugversorging, ’n gasaangedrewe kaggel, kluis, yskassie met verversings en tee- en koffiemaakgeriewe in. ’n Haardroër is beskikbaar by ontvangs.
Sowat 800 m vanaf die lodge is die tweede, vrystaande eenheid, Zimbi Kamp. Daar is ’n volledig toegeruste kombuis, sitarea en 2 kamers met slaapplek vir 8 gaste. Buite is daar ’n veranda met ingeboude braaigeriewe, ’n braai-boma en buitestorte.
Die hooflodge is oopplan en het ’n moderne kombuis, eet- en kroegarea wat ’n uitsig op die Waterberge het. Die lodge bied verskeie geriewe soos veilige parkeerplek, 'n swembad, braai-boma en marquees-boma. Daar is ook ’n wynkelder wat vir verskeie geleenthede gebruik kan word soos vergaderings, wynproe, privaat aandetes, privaat funksies en klein, intieme troues. Daar is plek vir tot 60 mense in die wynkelder.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Witborde
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Lindy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Erf 4 Nooitgedacht, Modimolle, 0510, Limpopo
- Gaste dink Zimbi Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 4 Nooitgedacht, Modimolle, 0510, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang