Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zimbi Lodge

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 4 Nooitgedacht, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Geleë in die majestueuse Waterberg-bosveldstreek van Limpopo, sal jy Zimbi Lodge vind met asemrowende, panoramiese uitsigte oor die berge en bosveld. Geïnspireer deur 'n moderne ontwerp, beskik die lodge oor 'n kombinasie van staal, glas en rotsmateriaal. Dit is werklik die uitbeelding van kontemporêre elegansie en bied gaste al die geriewe van 'n eksklusiewe oord.

Zimbi Lodge is in privaat besit en 'n ware familie-aangeleentheid. Die lodge word bestuur deur 'n goed opgeleide en bekwame span wat gedryf word om uitsonderlike kwaliteit diens te lewer om elke ervaring onvergeetlik te maak.

Die 4 en suite-superior-lodges spog elk met 'n 180-grade-uitsig oor die Waterberge en maak oop op 'n privaat balkon. Die elegant versierde kamers beskik oor 'n koninggrootte-bed met 'n pasgemaakte matras of 2 driekwartbeddens wat met 100% katoen-perkallinne oorgetrek is, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en dubbelwasbak. Badkamergeriewe en badjas word voorsien. Ander geriewe in die kamer sluit 'n lugversorger met verkoeling en verhitting opsie, 'n gas-aangedrewe kaggel, 'n kluis in die kamer, 'n kroegie en tee- en koffiemaakgeriewe in. 'n Haardroër is by ontvangs beskikbaar.

Ongeveer 800 m van die lodge af is 'n tweede, vrystaande eenheid, Nyala Camp. Dié selfsorgfasiliteit bestaan uit 'n volledig toegeruste kombuis, sitkamer en 2 kamers wat altesaam 8 gaste akkommodeer. Buite is daar 'n stoep met ingeboude braaigeriewe, 'n braaiboma asook buitestorte.

Die hooflodge het 'n oopplan-ontwerp en bestaan uit 'n moderne kombuis sowel as 'n eet- en kroegarea wat uitkyk oor die ongerepte Waterberge. Die lodge bied 'n verskeidenheid buiteluggeriewe wat veilige parkeerplek, 'n swembad, braai-boma en markies-boma insluit. Die wynkelder is ons versteekte juweel in die bosveld. Die moderne wynkelder kan vir verskeie geleenthede soos besigheidstrategiesessies, wynproe, privaat aandetes, privaat funksies en klein, intieme troues benut word. Die wynkelder kan tot 60 mense huisves.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Lindy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Erf 4 Nooitgedacht, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Gaste dink Zimbi Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 4 Nooitgedacht, Modimolle, 0510, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRlNDQ1ODA1LTMzMjUtNDExNi04YzdlLTViZjRlYjEyMGVlMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 Portion 4 Nooitgedacht Modimolle 0510 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.66349 28.23143

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang