Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zoetendal Street 4

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zoetendalstraat 4, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 040 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Zoetendal Street 4 is 'n ruim selfsorg-vakansiehuis in die hartjie van Struisbaai. Die verblyf is ideaal vir 'n kusvakansie saam met familie en vriende aangesien die huis 'n lieflike kuierarea op die boonste verdieping het wat met 'n veraf see-uitsig spog.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens en die vierde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die ander 2 badkamers het elk 'n bad en stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Daar is 'n oopplan-leefarea op die onderste verdieping met 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoeltjies toegerus is. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die kombuis lei na 'n ruim sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met stroomdienste. Gaste kan hul eie rekeninge gebruik om in te teken. Daar is ook 'n gasbraai wat gaste na buite kan skuif.

Die boonste verdieping bied ook 'n kuierarea met 'n sentrale sitarea, pooltafel wat omskep kan word in 'n tafeltennistafel, 'n veerpyltjiebord en nog 'n TV. Hierdie area het ook 'n kroegtoonbank met stoeltjies, 'n ekstra yskas en ingeboude braaigeriewe. Albei verdiepings lei na 'n balkon met 'n see-uitsig in die verte. Veilige parkeerplek is in 'n toesluitmotorhuis en in die oprit beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 mense
2 xStapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 4

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Zoetendal Street 4
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Sanelle Geverifieer

Eiendomme 43

Resensies 74

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Zoetendalstraat 4, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Gaste dink Zoetendal Street 4 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 040
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R5 040
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zoetendalstraat 4, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe21542f7bf62404e4b9f22506b0a455bc0bb85cbfc354adb1009551d3b41dbe2af4780854774e58836a7d4ef220e66d94369?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 040 per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 4 Zoetendal Street L'Agulhas 7287 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.823588580181 20.009177501258

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang