Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zulu Sunset Luxury Apartment

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: McKenziestraat 22, Eenheid 40 The Bridge, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 175 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Zulu Sunset Luxury Apartment is 'n selfsorgwoonstel op die eerste verdieping in 'n veilige kompleks op die St. Lucia-riviermonding se oewer en dit is ideaal vir gesinne, paartjies en groepe. Hiér kan gaste vanaf die voorstoep hulle oë vir wild oophou.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer is apart en het 'n bad en 'n stort. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier en lugversorging. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die woonstel beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus is. Die leefarea bied gemaklike sitplek, 'n eetarea, TV met DStv-kanale en gratis WiFi.

Die leefarea lei na 'n balkon met sitplek. Gaste het ook toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, tennis- en muurbalbane en veilige, gratis parkeerplek. Winkels, restaurante en vermaak is stapafstand ver. Die woonstel het 'n omsetter en word dus nie deur kragonderbrekings geraak nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Wendy Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 2

Resensies 3

Op LekkeSlaap 7 maande

Ligging

  • McKenziestraat 22, Eenheid 40 The Bridge, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 175
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 175
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: McKenziestraat 22, Eenheid 40 The Bridge, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA06c125226d88989e60e8758a70b6659175a600e5d60cee49c4941f8d61a3ce52a6ac018ba7dae0aed30a4c817010a83c0f6d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 175 per nag (plek vir 6) 22 McKenzie Street Unit 40 The Bridge 3936 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -28.37255146108 32.412391242363

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang