Zwartkloof Bush House @ 84
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 13:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Zwartkloof Private Game Reserve 84, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 5)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Zwartkloof Bush House @ 84 is 'n selfsorg-vakansiekothuis in die Zwartkloof Private Game Reserve van 2900 ha, sowat 13 km vanaf Bela-Bela. Dié boetiek-wildreservaat bied rustige verblyf aan gesinne wat op soek is na 'n wegbreek buite die stad en gee hulle 'n kans om in die ongerepte natuur gehalte-gesinstyd deur te bring en behoorlik te ontspan.
Die kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon, wit linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n privaat braai-area met sitplek buite en gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad.
Daar is parkeerplek op die perseel, insluitend 1 onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Gaste kan selfry-wildritte geniet of vooraf 'n begeleide wildrit teen 'n ekstra koste bespreek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Spa-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Privaat ingang
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Ligging
- R516, Zwartkloof Private Game Reserve 84, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 13:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Zwartkloof Private Game Reserve 84, Bela-Bela, 0480, Limpopo
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang