Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: KwaZulu-Natal

Koop, Klets en Knibbel by dié Kersmarkies

Aan die einde van die jaar raak dinge mal! Almal vaar die winkelsentrums in op soek na daai laaste paar pakkies om onder die boom te sit. Maar hoe gemaak as jy jou Kersinkopies tot op die nippertjie los en voor ’n leë winkelrak te staan kom? Om seker te maak daar is vanjaar glimlagte […]

’n Alternatiewe Somervakansie ─ Breek Weg na dié Bekoorlike Kothuise in die Binneland

Soos gesien op Maroela Media. Die somervakansie kruip nader en dis nóú tyd om jou volgende wegbreek te beplan om te verhoed dat jy vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie ry. Ja, ons almal smag na daardie perfekte seevakansie, maar soms raak die strand net té besig. As jy ’n slag behoorlik rustig vakansie wil […]

Skink Koffie by die Oulikste Koffiewinkels in 3 SA-stede

Min dinge is so lekker soos ’n sterk koppie boeretroos! Jy teug graag daaraan terwyl jy jou gunstelingboek lees, saam met vriende of familie kuier, of as jy in ’n oulike koffiewinkel sit en kyk hoe vreemdelinge verby stap. Dikwels is dit ook nét wat jy nodig het om daardie besige dag op kantoor mee […]

Kom Proe Smullekker Kase op hierdie Plase

Glo jy die maan is van kaas gemaak? Of dat kaas alles beter laat smaak? Is parmesaan jou pasmaat en brie jou beste pêl? Skuif dan ’n bietjie nader sodat ons jou ’n storie kan vertel … Min dinge is so lekker soos kaas, hetsy dit deel van ’n maaltyd is of op ’n deftige […]

Sardienloop aan die Suidkus

Soos gesien op Maroela Media Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie. Dis egter in ’n oogwink verby, so jy sal moet spring as jy dié besonderse gebeurtenis onder oë wil kry! Daarom vertel LekkeSlaap jou […]

Winterwegbreek in Winterton: Die Poort tot die Sentraal-Drakensberg

Jy staar droomverlore na die kaggelvuur terwyl die reën buite giet ─ ’n berghut en ski-vakansie in die Alpe sal glad nie te versmaai wees nie … Dis egter nie nodig om Suid-Afrika te verlaat om dié droom te bewaarheid nie omdat ons immers ’n besonderse bergreeks op eie bodem het ─ die Drakensberge! Dié […]

8 Doendinge vir Avonturiers in KwaZulu-Natal

KwaZulu-Natal lok jaarliks duisende besoekers en ons kan maar net raai waarom — die son, see en sand natuurlik! Dié provinsie het immers een van die mooiste en mees gewilde kuslyne, sonskyn regdeur die jaar en die warm Indiese Oseaan wat dit die ideale swemplek maak. Dit loop ook oor van ongelooflike natuurtonele vir opwindende […]

4×4-Roetes en Verblyf in elke Provinsie

Kry jy óók ’n koue rilling as jy aan winter dink? Om die ysige koue uit jou are te verdryf, stel LekkeSlaap ’n waaghalsige 4×4-roete en verblyf met ’n knus kaggel en braai-area in elke provinsie voor!   Wes-Kaap Biedouwvallei 4×4-roete, Clanwilliam Roete-afstand: 30 km Dié vallei is in die Sederberge op die Pakhuispad tussen Clanwilliam […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang