Die storie agter High Tea:

In die 19de eeu was dit algemeen dat die Engelse ‘n groot, proteïenryke ontbyt en ‘n ligte middagete geëet het. Teen aandete het die hongerpyne al erg geknaag, soveel so dat Anna, die hertogin van Bedford, in 1840 die High Tea bedink het om die die onvermydelike hongerpyne tussen middagete en aandete te demp. Vandag nog is haar uitvinding wêreldwyd ‘n treffer!

Het jy geweet?

In Suid-Afrika noem ons tee wat in die middag in ‘n moderne lokaal bedien word ‘n “High Tea”. Die Afrikaanse vertaling moet eintlik ‘n “Middagtee” wees, maar aanvanklik was ‘n Middagtee eerder ‘n heilsame aandete vir die plattelandse werkersklas. ‘n Tradisionele Middagtee het uit warm vleise, kaas en eierdisse bestaan en is in die omgewing van 18:00 bedien om uitgeputte liggame te voed. Ongeag wat jy dit wil noem, nooi jou beste vriende of geliefde vir ‘n spoggerige bederf om ‘n spesiale geleentheid te vier!

Hier is vier van ons gunsteling-plekke vir High Tea in en naby Kaapstad:

Cape Grace Hotel, Kaapstad

Lokaal: Biblioteek
12:00-18:00
Roomtee (met botterbroodjies, aarbeikonfyt, room en tee) vir R65
Besprekings: 021 410 7100

The Last Word, Constantia

Oop van 11:30 tot 13:30 en 14:00 tot 16:00
R100 per persoon
Besprekings 021 794 7657

Lord Charles, Somerset Wes

Lokaal: Lobby Lounge
Daagliks van 14:00 tot 17:00
R65 per persoon
Besprekings: 021 855 1040

Kirstenbosch Tea Room

08:30 – 17:00
Engelse Tee R120 vir twee, maar daar moet ten minste 12 mense bespreek
Besprekings: 021 797 4883
Webblad: www.ktr.co.za

Hooffoto: Graham Hills (flickr)