Eers het Charlize Theron ons laat wens ons kan ‘n goue beeldjie (eerder as nog ‘n koeksister) vashou, toe het Charlene Wittstock se liefde vir Prins Albert van Monaco ons na sprokiesverhale laat hunker. Maar vandag vergeet ons vir een oomblik van die media se lawaai oor die bekroondes, bekendes en glanspersone wat baie paddas moes soen om prinse te kry. Vandag vier ons ons Suid-Afrikaanse wortels! In hierdie land, kleurvol en so divers soos die rolle van Charlize en die skinderstories oor Charlene se liefdeslewe, is elkeen van ons adelik op ons eie manier. Ons het blou bloed, selfs al skree ons nie vir die Blou Bulle nie, en selfs al vergeet ons partykeer om die servette te dek … of hoe om te eet as daar meer as ‘n mes en ‘n vurk gedek word. Kom lééf die koninklike leefstyl in een van LekkeSlaap se lekke paleise! Daar is twee om van te kies: Ammazulu African Palace én Addo Palace Bush Lodge.

Kom lééf die koninklike leefstyl in een van LekkeSlaap se lekke paleise! Daar is twee om van te kies: Ammazulu African Palace én Addo Palace Bush Lodge.

Addo Palace Bush Lodge (****) is ‘n nuwe, luukse lodge op die grens van die Addo Olifantpark. As kleurvolle Afrika-kuns jou hart warm maak, sal hierdie geverfde Ndebele-grasdak-lodges met jou toor! In ‘n bekoorlike omgewing, weg van die stad se klanke en probleme, kan jy in die drie geboue op ‘n rustige, private eiendom ontspan. Bring sommer jou troeteldiere ook saam, of vra die lodge om vir jou ‘n romantiese piekniek te pak … en geniet dan romantiese tydjies (terwyl die kinders by een van die lodge se kinderoppassers besig gehou word).

Ammazulu African Palace (*****) is ‘n visioenêre tuiste wat die kulturele erfenis van KwaZulu-Natal herdenk. Die kleurvolle en swierige paleis, wat gedeeltes van KZN se geskiedenis reflekteer, is die visie van Peter Amm, ‘n kunstenaar van Durban. Dis werklik ‘n skouspelagtige plek waar jy in die fyn afgewerkte en versierde loopgang, sale en slaapkamers kan ontspan. Hier kan jy jou sorge in ‘n sauna of stoomkamer laat verdamp, of uitkyk oor die veld met sebras wat in die reservaat daarnaby wei.

Sit neer daardie koeksister, en bespreek vandag nog verblyf om soos die bekroondes en bekendes in jou eie spoggerige paleis te baljaar!