Kennedy’s Beach Villa bied absoluut eksklusiewe akkommodasie in die beeldskone natuurlike omgewing van Onrusrivier, net buite Hermanus op die Kaapse Walviskus. Die Villa is bekroon as een van die mees romantiese wittebroodbestemmings in die Wes-Kaap en is spesifiek ontwerp vir paartjies. By hierdie uiters private en elegante Villa, verbloem in ‘n Melkhoutwoud, word ‘n organiese leefstyl, luuksheid, vrede en rustigheid soomloos vervleg. Hetsy julle B&B- of selfsorgverblyf verkies, dis die ideale skuilplek vir jou en jou hartjie.

Romanse, rus en privaatheid ‒ dís wat gaste hier ervaar en daarom is dit ideaal vir afskakel en ontspan na julle groot dag! Die interieur is pragtig afgerond en pas by die welige natuur wat die akkommodasie omring: Dit is idillies tussen die strand, strandmeer en woudagtige tuine geleë by die Onrusriviermond.

Die akkommodasie is intiem en word volgens jou behoeftes aangepas sodat jy jou wittebrood, waarna jy so lank uitgesien het, in absolute gerief kan geniet. Elke kamer is individueel versier en gemeubileer met ‘n tikkie Europese styl wat die atmosfeer selfs nog meer romanties maak.

1

4

Die villa is privaat en eksklusief; ‘n ruim oopplan-woonstel met ‘n pragtige see-uitsig vanaf die knus balkonnetjie. Die kamer spog met ‘n Louis XIV koningingrootte-bed met linne van topgehalte en ‘n klein badkamer met stort, toilet en wasbak in Victoriaanse-styl. Gaste in dié villa het eksklusiewe toegang tot ‘n buitelugbad, versteek in die Melkhoutwoud. Dié buitelugbad onder melkhoutbome skep ‘n romantiese atmosfeer onder die sterre. Die eenheid beskik ook oor ‘n kombuisie waarin jy ligte maaltye kan voorberei, stel gerus jou geliefde se kookvaardighede op die proef! Braaigeriewe is ook beskikbaar. Vollengte-vensters laat die sonlig binne en snags skep die kaggel ‘n snoesige atmosfeer. Lê luilekker voor die TV met sekere DStv-kanale of kyk jou gunsteling-DVD. Hiér sal jy en jou wederhelf ‘n ouwêreldse, romantiese leefstyl met ‘n tikkie luuksheid ervaar.

5

Dié romantiese suite bied ongelooflike see-uitsigte, rustige aande in die Jacuzzi op die ruim dek en luukse geriewe. Die slaapkamer bevat ‘n koningingrootte-bed met perkallinne en het ‘n uitsig op die ruim en sonnige dek. Hier kan jy asemrowende berg- en see-uitsigte sit en bewonder! Daar is ook ‘n gerieflike en suite-badkamer met ‘n Victoriaanse bad, toilet en wasbak. Die geriewe sluit ook ‘n yskassie, tee- en koffiegeriewe, mikrogolf, breekware en ‘n TV met sekere DStv-kanale in. Dit is boonop slegs ‘n paar minute van die strand af! Parkeerplek is gratis en privaat vir jou gerief en ‘n pendeldiens kan vanaf die lughawe (110 km weg) gereël word.

3

Fernkloof Natuurreservaat bied ‘n unieke tuiste vir ‘n verskeidenheid inheemse plante en voëls, en is net ‘n entjie van Kennedy’s Beach Villa af. Talle aktiwiteite, soos voëlkyk, visvang, haaihokduik, staproetes en walviskyk, is ook beskikbaar in die omliggende omgewing.

fernkloof01-tile

Wynliefhebbers kan hulself verlustig in die wyne van die beeldskone Hemel-en-Aarde-vallei (met meer as 70 wynplase!) en fynproewers kan smul aan heerlike geregte by Hermanus se uitstekende eetplekke. Hermanus en die omliggende omgewing spog met talle welbekende restaurante, soos Milkwood Restaurant, wat net 4 minute se stap vanaf die villa is. Deel ‘n smullekker seekosbord met jou geliefde terwyl jy oor die Walviskus tuur en teug aan ‘n glasie van een van die plaaslike wyne. Elke Saterdagoggend kan jy kies en keur tussen gewilde plaaslike markte soos Hermanus Country Market, Hermanus Pietersfontein en Lemm’s Corner Market.

Restaurante -hyper7pro (flickr)-tile

Hermanus bied ook ‘n diverse reeks aktiwiteite, veral vir avontuurlustige wittebroodpaartjies:

♦ Abseil vanaf Gearings Point met ongelooflike uitsigte oor Walker Bay
♦ Begeleide staptoere deur die pragtige Hermanus of in die omliggende natuurreservate
♦ Vierwielmotorfietsry in die beeldskone Hemel-en-Aarde-vallei
♦ Perdry saam met ‘n instrukteur tussen die fynbos met piekniek en peuselhappies ingesluit
♦ Begeleide zipline-toere in die hartjie van die Hemel-en-Aarde-vallei
♦ Tandem valskermsweef oor die strand terwyl jy die walvisse dophou
♦ Bootritte met ‘n skemerkelkie in die hand
♦ Boogskut saam met Hermanus se boogskutklub
♦ Gholfspeel op van die beste gholfbane in die land: Hermanus Golf Club, Arabella Golf Estate en Kleinmond Golf Club.
♦ Vlugte in ‘n Cessna (ligte vliegtuig) oor Hermanus met ‘n uitsig oor die Suidelike noorkapperwalvisse en bultrugwalvisse in Walker Bay
♦ Paintball vir ‘n prettige avontuur saam met jou geliefde
♦ Skubaduiktoere of -lesse saam met een van Hermanus se talle skubaskole

www.mosaicsouthafrica-tile

2

6

8Wittebrood-/Huweliksherdenkingpakket (2 nagte) – ZAR 4680
∗ Addisionele nagte: R1480 per nag
∗ Jacuzzi-sessies uitgesluit (R120 per sessie)
∗ Masserings teen R375 per uursessie

7

9Wittebrood-/Huweliksherdenkingpakket (2 nagte)
In seisoen ZAR 5580
Spitsseisoen ZAR 5880
♦ Aromaterapie met vollyf-masserings in die Melkhoutwoud
♦ Romantiese Jacuzzi-sessies
♦ Eksklusiewe bottel Pierre Jordan-sjampanje op ys
♦ Sjerrie met aankoms
♦ Kaasbord
♦ 1ste oggend: Kontinentale muesli-mandjie word voorsien.
2de oggend: Ontbyt by Milkwood Restaurant – 3 min se stap vanaf die villa aan die seekant.
♦ Bos rooi rose
♦ Lindt-sjokolades
♦ Peuselhappies
∗ Addisionele nagte gedurende spitsseisoen R1980 per nag

10Wittebrood-/Huweliksherdenkingpakket (2 nagte)
Buite seisoen ZAR 4780
In seisoen ZAR 5580
Spitsseisoen ZAR 5880
♦ Aromaterapie met vollyf-masserings in die Melkhoutwoud
♦ Romantiese Jacuzzi-sessies
♦ Eksklusiewe bottel Pierre Jordan-sjampanje op ys
♦ Sjerrie met aankoms
♦ Kaasbord
♦ 1ste oggend: Kontinentale muesli-mandjie word voorsien.
2de oggend: Ontbyt by Milkwood Restaurant – 3 min se stap vanaf die villa aan die seekant.
♦ Bos rooi rose
♦ Lindt-sjokolades
♦ Peuselhappies
∗ Addisionele nagte gedurende spitsseisoen R1780 per nag

By Kennedy’s Beach Villa kan jy en jou geliefde jul huweliksreis op ‘n hoë noot begin – ‘n romantiese wegbreek! Indien jy ‘n wittebroodpakket wil bespreek, stuur asb. ‘n e-pos aan info@lekkeslaap.co.za en skryf in jou onderwerpgleuf “Mooi Troues: Kennedy’s Beach Villa – Hermanus”, en ons sal jou help.