Geverifieerde Resensie
Agulhas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Agulhas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 414 resensies.
"Dit was net kommerwekkend om te sien dat mense in die natuurreservaat sakke perlemoen gaan uithaal en met sakke hout uitstap na-ure. SAPD was gekontak, maar kan geen gesprek voer nie, want telefoon by stasie is 'n probleem. Het seker 5 keer probeer. Ek het ook die lighuis besoek en dit is teleurstellend om te sien dat onderhoud nagelaat word. Lekke deur dak as dit reën en buitehoutwerk het vir jare geen behandeling gekry nie. Die stappaadjies is netjies onderhou en dit is baie netjies by die suidste punt van Suid-Afrika, net geen publieke toilette nêrens daar te vinde nie."
"'n Besoek in die middel van die winter gaan altyd uitdagings rondom die weer bied, maar dit is 'n pragtige dorpie. Dit is baie stil in die middel van die week, amper verlate. Diens by eetplekke was goed. Die winkels bied die nodige. (Die nuwe OK se betaalstelsel het egter altwee kere wat ons daar was ongedaan geraak). Na die groot storm, was die paaie na die punt en Suiderstrand feitlik onbegaanbaar. Nietemin, Agulas is 'n lekker plekkie om te gaan afsaal en asemskep."
"The area is really a hidden gem. We are all looking forward to visiting the area again."
"Great harbour with a seafood restaurant, added bonus was seeing stingrays up close. Wooden walkways along the beach are awesome. Great for wheelchair and pram access. Very friendly town."
"First visit to Agulhas and what a beautiful coastline and attraction. Definitely going back."
"Dis 'n tipiese vakansiedorp met min winkels en eetplekke en min te doen as jy nie 'n see-vakansie-mens of visser is nie. Ons het dit gekies om Elim te kon besoek en foto's van die skeepswrak op Suiderstrand te kry."
"An ice cream shop or truck by the beach would be nice and a decent seafood restaurant."