Verified Reviews
Agulhas
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Agulhas
Rated 4.7 out of 5 based on 606 reviews.
"Die bestemming het baie om te bied vir iemand wat fisies aktief is. 'n Buiteluggimnasium is hoe 'n mens L'Agullhas kan beskryf. En nog mooi daarby ook. "
"Lekker geëet by Seagulls Restaurant. The Wine Boutique en Suidpunt Potpourri is ook tops! "
"Die dorpie L'Agulhas is prentjie mooi met die mooiste uitsigte oor die see en ook van die ligtoring. Die ligtoring self en museum is 'n moet om te sien en te beleef. Sal graag 'n huisie daar by die see wil hê."
"Ons het baie lekker geëet by die Sea Grill en het van die ander inwoners in ons huis gehoor dat "Zuidste Kaap Restaurant" ook baie goed was. Daar is ook pragtige galerye met plaaslike kunstenaars se kuns."
"Ek, my familie en vriende gaan elke keer terug Agulhas toe omdat dit so 'n pragtige en aangename plek is, en dit is ook ideaal vir hengel. "
"Wonderlike ervaring selfs vir ons wat al jare in die Wes-Kaap woon. Die natuurskoon en omringende oseane is asemrowend."
"Priceless view and experience! What a feeling to be on the southernmost point of Africa! Lighthouse Museum very informative! Great experience!"
"L'Agulhas is 'n pragtige dorpie waar die 2de oudste vuurtoring steeds sy lig laat skyn. Die dorpie het 'n baie gesellige koffiewinkel, Suidpunt Potpourri, waar die mooiste items vir jou huis gekoop kan word. Die natuur lewer geleentheid vir fietsry en stap op die mees Suidelike punt van Afrika."