Verified Reviews
Agulhas
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Agulhas
Rated 4.7 out of 5 based on 606 reviews.
"Ek dink dis 'n uitstekende vakansiebestemming vir veral mense in ons ouderdomsgroep, middeljarig, aangesien jy binne loopafstand van al die winkels en eetplekke is. Dis ook baie kalm en rustig, met die mooiste see-uitsigte en min verkeer."
"Agulhas is 'n pragtige, rustige dorpie met onoortreflike natuurskoon. Beste plek om af te skakel, rustig te word en tyd saam met jou mense deur te bring."
"Net een woord: pragtig! Heerlik om te stap op die walkway na die suidste punt en verby die ligtoring! Heerlike restaurante, rustige, mooi omgewing!"
"Daar is nie veel om te doen in L'Agulhas/Struisbaai nie en sal voorstel dat mense dit net 'n dagbesoek maak. Die restaurante is 'n bietjie duur en diens nie te goed nie."
"Het daar as kind vakansie tye groot geword en moet se dit het redelik uitgebrei en lyk fantasties!"
"Ons eerste besoek hier en met geen vooropgestelde verwagtings. Vir ons was aangenaam."
"Heerlike plattelandse kusdorp om te verken. Mev Fourie by die Inligtingsburo in die vuurtoring het uit haar pad gegaan om met die nodige kaarte en inligting ons by ons voëlkykbestemmings te bring en ons het heerlik gestap op die netjiese wandelpaadjies langs die kus. Dis gerieflik naby ander interessante plekke soos Struisbaai, Elim, De Mond en Waenhuiskrans."