Verified Reviews
Aliwal North
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Aliwal North
Rated 3.5 out of 5 based on 148 reviews.
"Baie klein met min om jou regtig mee te vermaak. "
"Dit is werklik lekker om by die Little Ranch te gaan eet. Hul kos en vleis is fantasties."
"Dit was ons eerste keer in Aliwal-Noord en ongelukkig het ons net daar oorgeslaap en die volgende oggend weer vertrek. Sal definitief probeer 'n volgende keer langer te bly en die omgewing beter te verken. Oulike eetplekke wat beskikbaar is met baie goeie resensies. Ons hey by Oppiehoek gaan eet wat goeie waarde vir geld was en heerlike kos en nagereg geniet. Daar is heelwat besienswaardighede, maar aangesien ons oor die naweek daar was, was alles reeds toe in die laatmiddag. Enigste negatiewe punt is al die rommel wanneer jy die dorp in ry. Plastieksakke en bottels lê orals! Daar was ook verskriklike slaggate in van die paaie in die woonbuurte."
"Soos meeste van die ouer plattelandse dorpe is die dorp besig om stadig maar seker agteruit te gaan. Die strate begin op meeste plekke te verkrummel en laat groot slaggate - slegs die hoofstraat blyk om amper in stand gehou te word. Die gasteplase buite die dorp hou egter steeds hulle eie bekoring in."
"Ons het net oorgeslaap in Aliwal, kan nie regtig kommentaar lewer as toeristebestemming nie, dis 'n gerieflike halfmerk rusplek, heerlik geslaap en daar is genoeg restaurante om ietsie te eet."
"Die Spa gedeelte lyk vervalle, maar daar is lekker plekkies teen die rivier wat mens kan besoek."
"Weet nie genoeg van Aliwal-Noord om kommentaar as toeristebestemming te lewer nie."
"Oulike plekkie, die strate is net vreeslik donker. Selfs in die Hoofstraat is dit baie donker. Ligte sal nogal baie help. Dit was ook erg sodra mens stop is die straatkinders onmiddellik daar. Dit was vir ons bietjie erg."
"Gaan soos al ons dorpe agteruit. Jammer van die spa wat ook tot niet gegaan het."
"Daar is nie veel om te sien of doen nie, die aantrekking van die verlede, warmbronne, bestaan nie meer nie. Baie koud in die winter."
"Pragtige dorp. Goed uitgelê. Wens ek kon daar permanent woon. Munisipaliteit moet net hul deel doen en die dorp onderhou."
"Munisipaliteit bring nie hul kant t.o.v. dorpspaaie nie. Die strate is vol slaggate."
"Aliwal-Noord is 'n geskiedkundige dorp met baie gasvrye en hulpvaardige mense. Draai gerus by die lieflike kerke, Lord Summerset gastehuis, BmyGeust gastehuis, The Saffron of Wimpy."
"Ons kon ongelukkig nie verken nie omdat ons vroeg moes ry, maar sal van 'n volgende geleentheid gebruik maak."
"Town a bit run down. Worth doing the parkrun in Aliwal North - lovely friendly people."
"Die plaaslike owerheid moet aandag daaraan skenk om die dorp se infrastruktuur op te knap."