Verified Reviews
Amanzimtoti
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Amanzimtoti
Rated 4.5 out of 5 based on 480 reviews.
"Warner Beach self is pragtig, maar daar is is sommige elemente op die strand wat mens versigtig laat voel. Ander dele van Amanzimtoti is erger, soveel so dat mens glad nie daar wil loop nie."
"Amanzimtoti soos ons hom geken het 'n paar jaar terug teenoor nou, het baie agteruit gegaan. Strande was vuil en vol gemors, en daar word geen reëls toegepas nie. Dit sluit die gedrag van mense rakende die gebruik van drank en hulle gedrag in. Nie altyd veilig gevoel as jy uitgegaan het nie. Sal nie sommer weer die area besoek nie."
"Daar was polisiesigbaarheid. En gegewe hierdie tyd van die jaar was daar darem ander mense op die strand en voel dit redelik veilig."
"Fantasties, het by die Thirsty Whale gaan eet en ietsie gedrink, wat 'n lekker plek om te sit en na die see te kyk."
"It's a very nice and quiet place that you can recommend anyone to go to if safety is their number 1 priority."
"Die hoofstrand was nie oorbevolk nie en die strand by die woonstel was altyd leeg. Alle winkels en restaurante was binne loopafstand."
"Mens kan sien Amanzimtoti was 'n baie gesogte plek in die "ou" dae. Dorp is vervalle. Alhoewel geboue oud en vervalle is, word daar darem pogings aangewend om die strand skoon te hou."
"Ons was eers skepties om vakansie in Amanzimtoti te hou veral oor die vloede se skade en vuilwaterberigte maar ons was taamlik verras. Die lekkerste wat ons vakansie gehou het in 'n lang tyd. Hoofstrand se water was skoon en niemand het siek geword nie. Ons het die bestemming geniet. Enigste negatiewe ervaring is die wegneemrestaurante/kafees is nie heeltemal voorbereid vir Desembervakansiegangers nie so jy wag ten minste 45 minute tot 'n uur vir kos."
"Strande, parke en swembaddens baie vuil en drank en mense wat nie hulle gemors optel nie is 'n groot probleem. Rokers op die strand en honde is regtig ook 'n groot probleem. Stompies word orals gegooi en mense maak nie skoon ager hulle diere nie. Drank is nogsteeds 'n probleem. Ek stel voor boetes moet gegee word waar mense rook, drink en waar honde loop (en daar is borde geen diere nie). Amanzimtoti is 'n 2de Durban - regtig nie meer skoon en veilig oor vakansiedae nie. Die enigste plek wat mooi skoon en veilig was, was Splash en die kos was uitstekend by die Dekke."
"Toti het baie agteruitgegaan. Maar a.g.v. baie dinge wat die provinsie getref het, kan ons maar verby sekere goed kyk. Moet sê ons het probeer om local plekkies te ondersteun en hulle was goedkoper en ook baie vriendelik."
"Strande was vuil. See was vuil met kledingstukke en bande in die water. Ons het besluit om liefs uit die water te bly."
"Amanzimtoti van self was glad nie wat ons kon onthou van vroeër jare nie, baie arm dorp en ietwat onnetjies. Ons kuier was wel in die begin van die vakansie-tydperk en ons kon sien soos ons gestap het dat die dorp elke dag daaraan gewerk het die omliggende areas om dit netjies te kry."