Geverifieerde Resensie
Ballito
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Ballito bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1106 resensies.
"Ons eerste keuse vir 'n seevakansie was nog altyd Ballito. Met die Lifestyle centre en die Ballito junction reg oormekaar is daar 'n verskeidenheid winkels en restaurante om op reënerige dae jouself mee besig te hou. Voorwaar n lekker vakansie dorp!"
"‘n Ongelooflike lekker plekkie! Naby aan alles en genoeg om jou besig te hou indien jy nie die strand geniet nie. Kon lekker gaan draf en stap. "
"Hoofstrand is nie gemaak vir swem weens baie rotse. Sal eerder Shaka rock aanbeveel met tidal pool. Fantastiese keuse van restauarante en opsies as dit reën. "
"Sal graag van meer akkommodasie geleenthede in die omgewing wil weet. Veral selfsorg."
"Sjoe die nuwe malls het nou alles. Ons hoef nie eers meer Gateway toe te ry om te gaan fliek nie."
"Baie moderne winkels. As die weer nie reg is vir die strand nie, is daar ander dinge om te doen. Lekker eetplekke."
"Baie bekommerd oor the "nurdles" wat orals op die strand lê. Ek weet nie hoe julle die strand ooit mooi gaan kry nie. Dit sal my miskien laat kies om Kaap toe to gaan."
"Strande is en word baie mooi skoon gehou. Daar is alles wat jy nodig het om lekker vakansie te hou."
"Ballito is baie toeristevriendelik en 'n baie mooi boomryke dorp. Die strande is puik, asook die inkopiesentrums en eetplekke."
"Beautiful town with a clean coastline. Awesome nature surroundings and mostly friendly people. Will definitely visit Ballito in the future."