Verified Reviews
Ballito
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ballito
Rated 4.7 out of 5 based on 1106 reviews.
"Ons het die getypoel vreeslik geniet! Het gesnorkel dat ons onsself soos pienk "prawns" verbrand het. Mooi skoon strand. Pragtige plek!"
"Die getypoel is pragtig en mens kan met veiligheid swem. 'n Trekpleister daar is die seelewe binne-in die poel. Die eetplekke is heerlik, asook die paar winkels wat herdenkings verkoop. "
"Jammer oor waterbeperkings. Ons het beslis ons deel gedoen. Inkopiesentrums is naby en prakties. Was net baie besig. Mense is baie vriendelik."
"Ek het net 'n restaurantjie op die strand gemis waar mens kan gaan sit en 'n ietsie eet of 'n ietsie drink. Of selfs 'n roomysplekkie wat draairoomys verkoop. Ek weet nou nie hoe dit binne seisoen is nie, maar daar is geen restaurant op die strand nie."
"Lekker rotspoele vir kleintjies om in speel en getypoel vir swem. Branders bietjie te rof. Ideaal vir gesin, lekker visvang vir die manne."
"Dis baie naby aan al die nodige besienswaardighede en sentrums, maar tog so afgesonder dat jy met vrede kan ontspan."
"Dit was my eerste keer dat ek by die Noordkus vakansie gehou het. Die Flag Farm was fantasties en was een van die hoogtepunte van die naweek."
"We enjoyed our stay in your lovely apartment. a coffee-maker/machine would be a great addition for European tourists!"