Verified Reviews
Ballito
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ballito
Rated 4.7 out of 5 based on 1106 reviews.
"Alhoewel daar tye was sonder water het daar tenks gestaan vir mense en hulle het uit hul pad gegaan on Ballito is 'n ideale plek om te wees. Die skibootklub met visvang en dolfyn-uitstappies is 'n moet."
"Love Ballito! Dit is 'n puik toeristebestemming - die staproete en die nabyheid van winkels en restaurante is 'n pluspunt. Jy hoef nie afhanklik van jou motor te wees nie - alles beskikbaar in loopafstand."
"Baie gerieflik en skoon. Naby aan groot sentrum. En verskeidenheid eetplekke om van te kies."
"Alles word onderhou. Alles is skoon en netjies. Pragtige strande. Heerlike restaurante."
"Baie, baie lekker area om vakansie te gaan hou, ons is mal oor Salt Rock."
"Beautiful! Always an annual holiday for us. Lovely beaches and so many wonderful restaurants. Perfect for children!"
"Oor die algemeen is Ballito heerlik. Hierdie keer was dit maar redelik onaangenaam gewees weens kragonderbrekings (nie beurtkragverwant nie) een geen water, met tye vir langer as 24 uur op 'n slag. Toilette moes met emmers gespoel word wat 'n paar vloere opgesleep moet word. Dieselfde met skottelgoed. Moes 'n paar aande met 'n emmer probeer bad. Natuurlik het dit te doen met die ramptoestand wat die provinsie getref het. Ons moes maar eintlik eerder nie gegaan het nie/die vakansie uitgestel het totdat dinge weer stabiliseer het in Natal."
"Ballito is 'n pragtige plekkie met enige winkel wat jou hart begeer ons het lekker geshop as die weer onaangenaam was. Dit is 'n pragtige veilige dorp en sal beslis weer kom besoek."