Verified Reviews
Bela-Bela
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bela-Bela
Rated 4.3 out of 5 based on 731 reviews.
"Ken dit nie rêrig nie. Weet Klein Kariba is 'n uitstekende wegbreek bestemming vir almal. "
"Daar is heelwat plekkies om te sien, curio winkeltjies om te besoek en die natuurlewe is pragtig. Die temperature gedurende die winter is baie aangenaam."
"Lieflike klimaat om die geniepsigheid in die winter uit Gauteng so bietjie te ontglip. Dis lekker met al die byvoordele van 'n vakansie, maar tog naby genoeg aan Pretoria. Jy ry net so bietjie langer as 'n uur uit die stad so dis nie te veel brandstof nie, jy is vinnig en veilig daar met min tolhekke (as jy verkies om die hoofweg te gebruik). Lekker verskeidenheid blyplekke beskikbaar vir elke sak en voorkeur."
"'n Mens vergeet maklik hoe ontspannend die warm water swembaddens is. Netjies en wêreldklas. Bela-Bela is sentraal geleë as jy Wildsplase in die omgewing wil besoek."
"Bela-Bela is beautiful with amazing scenery! We loved being there!"
"Soos meeste dorpe in RSA gaan dit maar agteruit, gelukkig het ons pragtige plekkie vir alles opgemaak."
"Als wat jy nodig het vir ‘n bosveld wegbreek, naby genoeg aan ‘n dorp vir enige benodigdhede. Spar se personeel was in besonders baie vriendelik en die winkel pragtig."
"Love Bela-Bela. It's close to Johannesburg. Bela Bela is clean and has everything you need when going on holiday."
"Dorp en groter oorde te besig na my sin. Vermy dit en vind rus by die talle kleiner plekke buite die dorp."