Geverifieerde Resensie
Bethulie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bethulie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 179 resensies.
"From a historical point of view the quaint little town of Bethulie is well worth a visit. Trudie Venter took us on a short tour of some very interesting sites, and she herself has such a wealth of knowledge about the places and events - it was a pleasure to listen to her and learn, despite the fact that many of the historical stories were sad ones."
"'n Mooi en veilige dorp waar mense kan stap. Geskiedkundige toere kan bespreek word by Trudie Venter - dit sal goed wees om mense daarvan te laat weet. Sy is besonder kundig oor die geskiedenis van die dorp en omgewing."
"Naby die brug vir sonsondergang fotos. Die paaie na die Oos Vrystaat is in 'n treurige toestand."
"Was nogal beïndruk met goeie toestand van konsentrasiekamp se kerkhof. As mens van geskiedenis hou, is daar heelwat te sien."
"'n Groot verrassing! Ons sal definitief graag weer via Bethulie wil ry en meer van die dorpie wil beleef!"
"Bethulie is vir my bietjie stil. Ons het wel op die brug na 'n pragtige sonsondergang gaan kyk oor die Oranjerivier en die Gariepdam. Ek glo nie ek sal meer as 2 dae daar spandeer nie."
"Ons het uitgesien, na aanleiding van plekke om te besoek, om die kroeg in die hotel te besoek, maar kon dit nie kry nie. Baie ryk geskiedenis en sou graag meer tyd wou spandeer om al die plekke te besoek. Daar kan gerus gekyk word om die toestand van die strate te verbeter. Ons het dit baie geniet."
"Die plaaslike restaurant was toe en ons kon nie veel van die omgewing beleef nie. Bethulie is 'n stil en rustige dorpie. Sou graag meer van die kultuur wou ervaar."
"Pragtige ou wêreldse plekkie, die paaie is in 'n slegte toestand, maar so met meeste klein dorpies. Interessante geskiedenis oor dorpie in pamflet gekry by Lavender Rose."
"Stil dorp met tonne geskiedenis. Doen moeite en gaan besoek die museums, monumente en gedenkwaardighede in die omgewing!"
"Soos enige klein dorpie in Suid Afrika wat 'n behoefte het aan bedryf, maak Bethulie steeds die meeste van wat hulle het. Dis waarlik iewers om stil weg te breek van die stad. Bethulie se ligging sorg dat toeriste maklik die omliggende gebied en besienswaardighede kan verken. Bethulie self het 'n interessante geskiedenis en gaste sal beslis baat deur bietjie ondersoek in te stel. "
"Interessante, geskiedenisryke dorpie. Pragtige brug buite dorp. Die konsentrasiekamp-monument is hartroerend. Daar is interessante en vriendelike mense te vind in die Royal Hotel en in Die Ou Kar."
"'n Moet-besoek op enige mens se lysie met 'n sin vir geskiedenis. Mal oor die dorpie."
"'n Baie geskiedkundige dorpie. Pellissier museum is vol interessanthede oor die sendeling wat die dorpie help vestig het, asook Anglo-boereoorlogstories. Mal oor die verskillende gastehuise en die Ou Kar Restaurant in die dorp!"
"Het opknapping, liefde en reklame nodig. Baie potensiaal om te groei as 'n toeriste-aantreklikheid. Net een restaurant beskikbaar - meer opsies sal lekker wees."