Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1517 resensies.
"Bloemfontein as 'n dorp laat veel te wense. Die oorblik wat mens dit in ry vanaf die hoofroetes of buite dorpe is die verwaarlosing en tekort aan dienslewering sigbaar."
"Bloemfontein is my geboorteplek en grootwordwêreld, daarom kuier ek graag daar. Soos met baie ander dorpe en stede, kan die munisipaliteit se tekortkominge raakgesien word!"
"I live on a farm 90 km outside of Bloemfontein, but Bloemfontein is definitely a great place to stay over."
"Ons is van die platteland. Die besige stadslewe is nie vir almal nie. En die motoriste is ook nie almal bedagsaam nie. Maar ek glo dis maar normale stadsdinge. Net vreemd vir ons."
"Ek kan sê dat die stad en omliggende omgewing se paaie met slaggate kommerwekkend was."
"Dit is 'n baie lekker plek om te kuier, vermy net die middestad gedeelte, daar is dit gevaarlik, veral met pocket thiefs."
"Ek glo dat met die oorlogmuseum, die Vrouemonument, en vele ander oorloggeskiedenis, Bloemfontein aan te beveel is."
"Plaaslike owerheid moet meer aandag gee aan algemene netheid van sypaadjies, sakesones en publieke oop ruimtes."
"The only reason I'm rating 3 stars for travel destination is because I didn't stay long and had no time to explore, but I enjoyed the break from the hustle and bustle of city life."
"Ek het omtrent 20 jaar in Bloemfontein gewoon, skoolgegaan en op Universiteit gewees, maar alles het agteruit gegaan. Dit is nie meer aangenaam om daar te vertoef nie. Vuil strate, riool wat uitloop op baie plekke en natuurlik die paaie met baie slaggate."
"Bloemfontein CBD is 'n misdaadnes. Die Noorde van Bloem is goed vir verblyf en Northridge Mall is op standaard."