Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 2068 reviews.
"Hospitalpark was bietjie ver van winkels en restaurante, mens moet basies in die stad in ry om iets soos n Spur of Ocean Basket te kry, maar dis ook nou nie myle ver nie. Die dorp het waterbeperkings en swem is buite die kwessie. Maar vir oornagdoeleindes is dit doeltreffend. "
"Daar is 'n mooi tweedehandse winkel in die omgewing met baie goeie items teen 'n baie goeie prys. Goeie eetplek sowat 15 kilo's weg. Buiten dit sou ek nie sê dis nie 'n toeristebestemming nie. Eerder net 'n goeie rustige area om 'n ruskansie te neem op die lang pad vanaf Kaapstad."
"Alles was puik. Aanwysings hoe om daar te kom, ontvangs, oornag geriewe, heerlike ontbyt. Rustig na die hele dag op 'n besige roete van die Kaap af. Sal dit graag aanbeveel. "
"Langenhoven parkrun is 'n heerlike roete om te hardloop, draf of stap. Honde word toegelaat en die roete is geskik vir kinderstootwaentjies."
"Met die Vroue-monument, met baie on te sien, net om die draai 'n goeie uitstappie vir besigtiging en tydverwyl. "
"Ons het die paar dae in Bloemfontein geniet. Was na die dieretuin wat heel lekker was net soos baie plekke in Suid-Afrika word dit nie voldoende onderhou nie. "
"Baie lekker en stil oor die kersvakansie (verkeer is lieflik) en het 'n lekker dag spandeer by Gwen Bali."